Kosstories

Leer ken olywe

Die kleur dui aan hoe ryp ’n olyf is. Groen olywe is nie-rypgemaakte olywe. Dit word gewoonlik langer in soutwater geweek voor dit ingemaak word. Swart olywe is dus net groen olywe wat ryp geword het.

Spaande groen olywe Spaanse groen olywe
Dié olywe kom meestal van Sevilla, Spanje. Dis bekend as die koningin-olyf omdat dit so groot en vet is. Die pit is taamlik klein met baie vleis. Spaanse olywe word gewoonlik
in soutwater verkoop en is geskik vir warm geregte omdat
dit ’n harder olyf is wat hitte goed hanteer.
 Kalamata Olywe Kalamata-olywe
Dis die vader van olywe, afkomstig uit Griekeland en genoem na die stad Kalamata. Dit het ’n baie kenmerkende vleis-smaak. Hulle word ingelê in rooiwyn, asyn of olyfolie. Dié olyf is perfek vir koue geregte of die tradisionele Griekse slaai.
 Italiaanse swart olywe Italiaanse swart olywe
Dit word eers in soutwater gepekel voor dit in asynwater verpak word. Dis ’n klein olyf met ferm vleis. Italiaanse olywe het ’n baie sagter, subtieler smaak as dié uit Griekeland. Italiaanse swart olywe kan gebruik word in geregte wat gebak word, soos pizza of brood. Dié olywe word ook gedroog en is dan lekker in in slaaie.
 Gevulde olywe Gevulde olywe
Oorspronklik van Spanje, waar groen olywe tradisioneel met klein stukkies rooi Spaanse soetrissie gestop word. Deesdae kry jy olywe met ’n keur van vulsels – soos soetrissie, knoffel, suurlemoen en ansjovis. Dit word gewoonlik gestop met bestanddele met ’n sterk geur wat die smaak van olywe komplementeer. Sit voor as peuselhappie of in slaai.
 Algemene groen olywe Algemene groen olywe
Groen olywe, die werkesel van die kombuis, word gepluk voor dit heeltemal ryp is. Dit word eers in soutwater geweek en daarna in asyn of soutwater ingelê. Groen olywe wat in olyfolie, kruie en suurlemoensap gemarineer is, maak ’n heerlike tapas. Gebruik dié olyf in alles – van slaai, pasta tot gebak.
  • Hestelene

    Hi , verskoon as ek baie dom en onnosel voorkom, maar ons het pas verhuis na ‘n eiedom met paar olyfbome. Dit is besig om ryp te word, maar ek weet nie hoe om dit te verwerk nie. Het verskeie resepte met bytsoda en soutoplossings. my vraag is nou: Na al die geweek in bytsoda en sout, wanneer kan ek dit in byvoorbeeld olyfolie verpak en is daar ander maniere om dit in te lê behalwe in soutoplossing.
    Ek waardeer enige terugvoer.

    NS Die insetsel oor verskeie olywe is baie insiggewend!

  • Hennie Huyser

    Ek wil weet die proses van inlê, sê nou maar ryp of swarm olywe, hoe lank laat lê ek dit in sout hoe sterk moet die sout water wees ens. julle moet onthou ek steek die olywe voor die kerk ek mag nie met kos mors nie.????

  • Elma Wilson

    My skoonpa het een enkele olyfboom in sy tuin en is dié jaar oortrek van die olywe.
    Ek sal graag die naam van die boom wil weet. Is dit dalk die Kalamata? Soos ek nou al gelees het,
    is dit die enigste boom of soort wat nie ander olyfbome om hom nodig het vir die dra van vrugte nie.
    Baie dankie

  • Lauretta le Roux

    Ek het my olywe vir 10 dae in vars water laat le wat ek elke dag vervang het met vars water, ek wil dit nou in soutwater le maar sien dat die kleur (swart) bietjie gebleik het. Waarvan kan dit wees?

  • chane

    disnie wat ek wou he ni

  • Ben Erasmus

    Ek wil weet die proses van inlê, sê nou maar ryp of swarm olywe, hoe lank laat lê ek dit in sout hoe sterk moet die sout water wees ens. My olyfbome dra nou die eerste keer en is oortrek en ek wil nie mors nie. As daar ander resepte te probeer is laat weet dit ook sommer asb.
    Ben