Kosstories

Lemoen-en-papawerkoek

  • 4 lemoene, in dun skywe gesny
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 500 ml water

Koek

  • 160 ml papawersaad (poppy seed)
  • 160 ml melk
  • 250 g (270 ml) botter, gesmelt
  • 420 g (500 ml) strooisuiker
  • 6 eiers
  • skil van 1 suurlemoen
  • skil van 1 lemoen
  • 560 g (1 000 ml) bruismeel
  • 250 ml suurroom
  • 120 ml lemoensap

Versiersel

  • 250 ml roomkaas
  • 130 g (250 ml) versiersuiker
  • sap en skil van
  • 1 suurlemoen
 Sny lemoen in papierdun ringe. Doop lemoenskyfies in suikerstroop.
1.Sny lemoen met skerp mes in papierdun ringe en hou eenkant. Plaas suiker en water saam in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Laat kook tot water met die helfte verminder het. 2.Verhit oond tot 140 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier of ’n silikoonmatjie uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Doop lemoenskyfies met ’n vurk in die suikerstroop. Hou suikerstroop wat oorbly eenkant. Plaas skyfies op bakpapier. Droog uit in warm oond vir 20 – 25 minute. Laat afkoel tot hard. Stel oond op 180 °C.
 Gooi oorblywende suikerstroop oor warm koek. Sny die bokant van die een koek gelyk
3.Plaas al die bestanddele vir die koek in ’n middelslag-bak en meng tot gladde mengsel. Spuit twee 25 cm-losboomkoekpanne goed met kleefwerende kossproei en voer uit met bakpapier. Bak vir 25 – 30 minute of tot toetspen skoon uitkom. Gooi oorblywende suikerstroop oor warm koek en laat afkoel. 4.Sny die bokant van die een koek gelyk met ’n skerp riffelmes. Plaas op ’n mooi opdienbord en smeer roomkaas eweredig oor. Plaas ongesnyde koek-bo-op. Versier volgens die aanwysings hiernaas.

Versier so

Meng 130 g (250 ml) versiersuiker met sap en skil van 1 suurlemoen. Gooi koue water drupsgewys by tot dik, loperige mengsel. Skep mengsel oor versierde koek en plaas gedroogde lemoenskywe bo-op.