IMG_0226
Kosstories

Maak jou eie skoonmaakmiddel onder R200

Die internet wemel van resepte vir skoonmaakmiddels van asyn en koeksoda. Ons het besluit om dit self op die proef te stel en vir jou te laat weet of dit werk.

Gaan koop maar solank die asyn …!

skoonmaakmiddel

Jy het nodig

• 10 nartjies, gehalveer
• 750 ml witwyn-asyn
• koeksoda
• glasbottel

IMG_0219

Stap 1

Plaas nartjies en asyn in glasfles en draai stewig toe. Laat staan die asyn-en-nartjie- mengsel vir 7 dae. Die asyn ontrek die sitrusgeure uit die nartjie en gee ook mooi kleur aan die asyn.

 

IMG_0225

Stap 2

Gooi sitrus-asyn deur ’n sif in ’n skoon plastiekspuitbottel.

 

IMG_0245

Stap 3

Sprinkel ’n dik laag koeksoda op die item wat jy wil skoonmaak. Ons het dit op ’n oondrakkie gebruik.

 

IMG_0246

Stap 4

Spuit rojaal met asynmengsel en laat staan vir 10 minute.

 

IMG_0253

Stap 5

Was die item onder warm water met ’n kombuislap.

Die resultaat:

Dit werk! Ons reken die mengsel van asyn en koeksoda is ook goed vir die skoonmaak van kombuis-werkvlakke en die skrop van potte.

Die enigste negatief: die wagtyd vir die asyn en sitrus om te week!