IMG_7597
Kosstories

Maklike canapés vir somer partytjies

Met warm somerdae wat voorlê, breek die lekkerste onthaaltyd van die jaar aan!

Of jy nou piekniek op die gras hou of ’n swart nommertjie aantrek vir jou partytjie, dié canapés is perfek vir enige somerkuier. Lig, maklik en só vinnig!

Liezl se resepte

1. Waatlemoen-stokkies

Waatlemoen-stokkies

genoeg vir 20 stokkies

  • 1/4 waatlemoen, in blokkies gesny
  • 10 swart olywe, ontpit en gehalveer
  • 10 g basilieblare
  • 20 stokkies

Ryg ’n waatlemoenblokkie en halwe olyf op elke stokkie. Hou verkoel in yskas tot jy dit opdien.

2. Amandel-appelkoos-happies

IMG_7597

genoeg vir 15-20 happies

  • 200 g halwe droëappelkose
  • 100 g bokmelkkaas
  • 100 g heel amandels
  • 45 ml heuning
  • 20 ml water

Pak droëappelkose op ’n opdienbord uit en krummel stukke bokmelkkaas bo-op elk.

Verhit ’n pan met heuning en water totdat die heuning gesmelt is. Voeg amandels by en verhit 1 – 2 minute tot amandels geurig ruik, maar oppas dat heuning nie te warm word nie.

Vir voorsit, plaas 1 – 2 amandels bo-op elke appelkooshelfte en sprinkel effens met oorblywende heuningsous.

Somer-slaaibakkies

3. Bakkies somerslaai

Genoeg vir 8 bakkies slaai

  • 100 g slaaiblare van jou keuse
  • 20 ml olyfolie
  • 6 nektariens, ontpit en in skywe gesny
  • 100 g bosbessie-camembert-kaas
  • 70 g parma-ham

Plaas slaaiblare in ’n groot mengbak, sprinkel olie bo-oor en meng goed deur. Voeg nektarienskywe, kaas en parmaham by. Meng goed deur en skep in slaaibakkies. Sprinkel pampoenpitte bo-oor elk vir voorsit.

4.Bessie-plaatkoekietoring

 IMG_7599

Genoeg vir 10 – 12 plaatkoekietorings

  • 1/2 pakkie plaatkoekiemengsel, voorberei soos op verpakking aangewys
  • 30 g botter
  • 20 ml olyfolie
  • 60 ml heuning
  • 160 g frambose

Verhit ’n pan met olyfolie en botter. Skep teelepls-vol mengsel in warm pan en bak sowat 30 klein plaatkoekies. Verf elke plaatkoekie effens met heuning soos dit van die hitte verwyder word. 

Pak 2 plaatkoekies bo-op mekaar, plaas ’n framboos bo-op en steek vas met ’n stokkie.

5.Pruim-en-tiemie-ystee

Ystee

  • 1,5 liter water
  • 4 vanielje-rooibosteesakkies
  • suiker
  • 45 ml heuning
  • 4 pruime, elkeen in kwarte gesny
  • 15 tiemie-takkies

Kook water in ’n medium pot op die stoof. Voeg teesakkies by. Stel hitte laer en laat staan vir sowat tien minute. Roer heuning, suiker en pruimskywe by. Plaas in die yskas om af te koel en geur te ontwikkel vir sowat 3 – 4 uur. Sit voor met gebreekte ys.

Nooi vriende oor en bederf hulle op ’n somerdag met dié moderne vingerkos!

Klits-en-Klets Kok

Liezl

Klits-en-Klets Kok Volg my ook nou hier en kook saam:

Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok