FOTO:  Facebook

FOTO: Facebook

Kosstories

Mareli Visser is die Koekedoor-koningin

Die wenner van die eerste Koekedoor-reeks is gisteraand in die finale episode van dié kykNET-realiteitsreeks aangekondig. Mareli Visser van Douglas het as die wenner uit die stryd getree.

Sy het aan Netwerk24 vertel dat sy baie opgewonde is en dat dit nog nie by haar ingesink het nie. Mareli het in die finaal van dié 13 episode-reeks teen Martjie Malan te staan gekom. Hul uitdaging was om binne ses uur ’n moderne, fabelagtige troukoek te bak, wat alles van die liefde vertel.

Alhoewel die troukoeke nie perfek uitgekom het nie, sê SARIE se kosredakteur Herman Lensing dat dit baie goed is as mens die beperkte baktyd in ag neem. “Troukoeke neem gewoonlik drie of vier dae, dus is dit wat hulle in nét ses uur reggekry het, eintlik uitstekend,” sê Herman. “Die tegniek en kundigheid waarmee hulle gebak het, was baie goed.”

Herman, wat ook oorspronklik van die Noord-Kaap af kom, is baie trots op Mareli. Sy het ’n kontantprys van R200 000, ’n Honda Ballade Elegance CVT, en ’n boekkontrak van Human & Rousseau gewen.

Hier is die koeke wat Mareli en Martjie gebak het. Mareli se wenkoek is aan die regterkant.

10407204_1643668532546047_2392867122008666678_n

Klik HIER vir meer foto’s van van die finale episode van Koekedoor