FOTO Facebook 
Marion Holm

FOTO Facebook Marion Holm

Kosstories

Marion se maklikste winterbredie

Die komediant Marion Holm hou nie net van lág nie, sy hou ook van kosmaak. Veral van bredie. Dís mos winterkos, sê sy.

“Ek maak myne in die oond. Dis die heel maklikste. Vanaand voor jy gaan slaap of môre voor jy werk toe gaan, sit jy jou bredie in die oond en wanneer jy die volgende oggend opstaan of terugkom van die werk, het jy ’n volle ete.’’

 Dit werk so:

• Sit jou groot oondvaste kastrol op ’n plaat en braai jou vleis bruin in ’n bietjie olie.

• Haal die vleis uit en hou eenkant. Gebruik dan dieselfde kastrol en olie en braai ’n groot gekapte ui tot deurskynend.

• Voeg een wortel (in klein stukkies gekap) en een of twee stukke seldery (ook in klein stukkies gekap) by en braai vir nog ’n paar minute.

• Plaas die vleis terug in die kastrol en voeg aftreksel van goeie gehalte by. Nie te veel nie, anders is die bredie waterig.

• Plaas die aartappels (geskil en in kwarte gesny) by die vleis en dan die ding waarvoor jy lus is: as dit tamatiebredie is, sit jy oorryp tamaties en tamatiepuree by, as dit ’n boontjiebredie is, sit jy gekerfde groenbone by, en as dit waterblommetjie-bredie is, sit jy waterblommetjies by.

• Maak die kastrol toe met sy deksel en sit in die oond by 100 °C. As jy dit 8 uur later uithaal en daar is nog te veel vog in, sit dit terug op die plaat en laat kook die vog weg. Geur met sout en peper, skep op en smul.

As jy lus is vir lékker lag, gaan kyk:

Marion Holm vir Beginners by die Vrystaatse Kunstefees, 13-16 Julie.

* Die Kaap is weer HOLMS1 Julie – Drostdy-teater, Stellenbosch; 23 Julie – Delmas; 29 Julie – Mosselbaai; 5 & 6 Augustus – Kalfiefees; 22 Augustus tot 4 September – Montecasino.

NAVRAE: www.marionholm.co.za

Lees nou

’n Bobaas-baard vir hom

’n Bobaas-baard vir hom

Wimbledon op almal se lippe