sk0907redbrief
Kosstories

Michélle se redakteursbrief in SARIE KOS – Winter 2009

Nou die dag is ek by Peter Veldsman se restaurant, Emily’s, in die Kaapse Waterfront. Dis ‘n gryserige winterdag in die stad. So reg vir kuier om ‘n lang, lang tafel.

Ons wat Peter ken, weet kuier is ‘n woord wat pas. Want alles omtrent dié voormalige SARIE-kosredakteur is warm en gemoedelik. Sy plek, sy stories, sy bry. En elke keer staan ek verstom oor sy kennis – van kuns en literatuur tot geskiedenis en natuurlik, van kos.

So nooi ons hom ‘n ruk gelede om die land se bestemelktert te help kies. Nog lank voordat hy by die proe kom, kan hy jou al sê wat om te verwag – net so van die kyk. ‘n Lys bestanddele lees hy soos ‘n boek. Dít wat nié daar is nie, vertel homnet soveel as dít wat gelys is. Elke gereg het ook ‘n storie, ingekleur met brokkies geskiedenis en interessante karakters, en dit word met smáák oorgedra. Met Peter loop kos ‘n lang, lang pad.

So, ek was glad nie verbaas nie toe ek hoor dat die botterskorsie-sop wat hy en sjef Johan Odendaal op dié winterdag voorgesit het, ‘n volle 20 jaar geneem het om te vervolmaak!

Want al die jare was die vraag: wát saammet botterskorsie? Eers was daar uie, maar dié het glád nie gewerk nie. Te oorweldigend. Toe preie, effens beter, daarna ‘n skeutjie room, gevolg deur crème fraîche, toe ‘n saté-sous (grondboontjieroom), en toe, sê Peter, probeer hulle die trimmings – selfs roomys – en jy kon self besluit wat jy so met die eet wil byvoeg. Heel laaste was dit mango. Totdat Turkye alles gaan staan en verander het.

Met Peter en Johan se onlangse besoek aan Izmir vir ‘n SA kosweek (waar hulle dag en nag gekook het!) was daar nêrensmango te kry nie. Toe, so in die uur van nood, verskyn daar pynappel. En meteens is die soektog verby. Pynappel, botterskorsie se perfekte pasmaat, kondig Peter aan. Saam ‘n onverbeterlike geur. Die perfekte sop. En daarvan kan ek getuig! Dalk oorreed ons hom om eendag dié resepmet SARIE KOS te deel. Intussen moet ek en jy maar Emily’s toe vir ‘n kommetjie vol.

Geniet ons nuutste uitgawe met al die smake en geure om ‘nwinterhart warm te hou. Perfekte pasmaats, kan jy maar sê.

Die volgende SARIE KOS is 30 September op die winkelrakke.

Groete,

Michélle van Breda

  • http://vkqphzejfplt.com/ rwlnxkkzn

    NOivcG zskgdgcxtxnq, [url=http://fllkslxrjhpz.com/]fllkslxrjhpz[/url], [link=http://bkopzupypuxo.com/]bkopzupypuxo[/link], http://bsejlsomdzch.com/

  • http://afvhdwlbxntr.com/ huvbam

    eHBwGF xyrhbbtkwnbk, [url=http://kjvcnvkkaxvq.com/]kjvcnvkkaxvq[/url], [link=http://ouakvhjrrfbi.com/]ouakvhjrrfbi[/link], http://fddtvqocmdgo.com/

  • Laurence

    Diskussion mit Dir. Danke.In D ist es teilweise e4hnlich. Bei der DFG sind es 2, 3 Gutachten, aber die Entscheidung im sog. Hauptausschudf (und die Sympathie desesn, der die Sache dort vertritt) ist am wichtigsten. Beim BMBF und anderen Mini-Sterien ist es meistens Programmforschung: Referent X geht mit Prof Y essen und mit Ministerialdirigent Z dabei kommt dann raus, was geff6rdert werden soll. Nepotismus und politischer Utilitarismus vom Feinsten. Geff6rdert wird aber typischerweise der Gutachter-Mainstream. Gelegentlich bekommt man ja durch die komischten Zufe4lle Gutachten auf den Tisch. Bei einem Gutachten eines mir dann nicht genehmigten Projekts schrieb Gutachter A aus B erst viel Positives fcber das Projekt und meinte dann, forschungspolitisch solle man ja doch eher das Thema C ff6rdern. Welches, was ffcr ein Zufall, in B und von A intensiv betrieben wurde. Das schrieb er aber nicht im Text. A ist immer noch Privatdozent in B als Spezialist ffcr C. Ich bin mittlerweile an der dritten Uni seit damals. Mein damaliges Thema habe ich gewechselt, nachdem ich darin einen Preis gewonnen hatte. Jetzt meinen die Gutachter natfcrlich zu meinen Antre4gen Hat aber erst 3 Publikationen als Vorarbeiten zum Thema , bis ich aber die gebietstypischen 10 Arbeiten habe, bin ich schon wieder in einem neuen Thema. Naja. Selber schuld. Daffcr habe ich immer spannende Themen.Das Problem bei geff6rderter Forschung ist halt einfach, dass sie stark von Betrug und Selbstbetrug lebt. Wer es wie Du schafft, gut und geff6rderte Forschung zu kombinieren, hat Glfcck. Ich schaffe es nicht. Mich he4lt der Druck zu geff6rderter Forschung oft davon ab, was Sinnvolleres zu denken. Das finde ich halt e4rgerlich und daher meine Aggression gegen Drittmittel. :-)