Moirs_Afk_ICM_600x600_Boost2
Kosstories

MOIR’S #WennerWenke vir die kreatiewe bakker

MOIR’S is al vir meer as 100 jaar ’n voorstander van pret, plesier en kreatiwiteit in die kombuis – ’n gunsteling in die meeste Suid-Afrikaanse huise!

20160419_Promosie Tag

• Kook is ’n kuns en bak is n wetenskap. As bobaas-bakker besef jy dat selfs die kleinste aanpassing by ’n bakresep die verskil tussen ’n meesterstuk en ’n mismoedige gemors kan wees. Maar dit beteken nie dat jy moet ophou eksperimenteer nie – inteendeel! Vertrou jou vlymskerp instinkte en bakvernuf, en druk jou stempel af met hierdie lekker kreatiewe bakwenke en MOIR’S se wye reeks bakprodukte.

• Raak kreatief met patrone – gebruik ’n vurk, lepel of selfs ’n string krale om interessante patrone in pasteideeg of versiersuiker te maak.

• Vertrou jou tong! Meng jou geure na hartelus, maar probeer om dit nie te oordoen nie – eenvoud bly ’n wenner.

• Kruie is nie net vir soutigheidjies bedoel nie – vars kruie soos kruisement, roosmaryn en selfs teeblare kan jou soetgebak ’n interessante skop gee.

• Voeg lemoenskil of ’n paar druppels MOIR’S Suurlemoen-essens by ’n koek-, kolwyntjie- of soet broodjieresep vir ’n bietjie “oemf”.

• Bak jou kolwyntjies in uitgeholde lemoenskille of selfs eierdoppe – dit sal omtrent die buurt aan die gons hê!

• Gebruik ’n teesiffie om strooisuiker oor klein koekies te sif.

• So 2 minute voordat jou kolwyntjies gereed is, plaas ’n malvalekker bo-op elke warm koekie – versiersuiker in ’n japtrap!

• Speel rond met onkonvensionele geurmiddels soos brandrissie en rooipeper – veral ’n wenner in sjokoladekoek.

• Gebruik vrugtepuree om natuurlike kleur en geur te gee aan ’n eenvoudige spons- of vanieljekoek.

• Skep interessante patrone op koeke en klein koekies deur stukkies kant of lint daar bo-op te plaas en dan versiersuiker oor te sif.

• Sprinkel ’n titseltjie growwe sout oor sjokoladekoekies om die geur te verskerp.

• Gebruik vars eetbare blomme soos laventel en roosblare om jou koeke te versier, of selfs te geur!

• Pleks van kleursel, voeg MOIR’S Jelliepoeier by jou versiersuiker om dit te kleur.

• Sou die resep nie volgens plan verloop nie, kan jy altyd die plat of gebrande eindproduk gebruik om broodpoeding te maak, of saam met MOIR’S Jellie en Vla ’n heerlike koekstruif opdis!

Moirs_Afk_600x450_Digitorial

Bak jouself beroemd! #MyMoirsCreation

WEN ’n MOIR’S-somerfees!

Is jy die koning van kolwyntjies? Staan die bure tou vir jou trifle? Is jou tert die moeite werd? MOIR’S daag jou uit om kreatief te raak in die kombuis sodat jy ’n kans het om R15 000 in kontant te wen – elke week tot 31 Desember.

Hou elke week ’n ogie op die MOIR’S Facebook-blad vir die nuutste kompetisie-bestanddele – koop dit, skep ’n watertand-meesterstuk met MOIR’S, en deel dit op Facebook met die hutsmerk #MyMoirsCreation. Die weeklikse wenners sal aan ’n bakwedstryd (bake off) deelneem waar die groot wenner deur ons beoordelaars, Herman Lensing en ’n MOIR’S-kenner, gekies sal word. Die finale wenner sal ’n addisionele R15 000 kontant, MOIR’S-geskenkpak en tydskrifsubskripsie wen, en in twee leefstyltydskrifte verskyn.

Die kompetisie is geldig vanaf 21 November tot 31 Desember 2016, en die bakwedstryd sal in Januarie 2017 plaasvind. Besoek ons Facebook-blad vir meer inligting, asook die bepalings en voorwaardes.

Moirs_Afk_600x450_Blurb