Kosstories

My kos – Uit my tuin

My kos

Uit my tuin

Neute vir jou slaai
Makadamianeute verleen ‘n wonderlike tekstuur, kontras en smaak aan die groenbone-slaai. Dis ‘n heerlike plaasvervanger vir amandels.

Heerlike kaas
Gebruik vir afwisseling stiltonkaas by die groenboneslaai. Die kombinasie is heerlik! Stiltonkaas is glad en romerig met kenmerkende blou are.

Die groot verskil
Jy kry verskillende diktes groenbone. Die dunner boon is ideaal vir slaai, terwyl die dikker een as ‘n warm groente voorgesit kan word.

Sampioene om te vul
Daar is 2 groottes bruinsampioene. Gebruik die groter een vir die sampioeneresep.