Kosstories

‘n Tafel wag by Sevruga

Uit die kombuis van Steve Edwards, voormalige sjef van Beluga, suster-restaurant van Sevruga, kan jy keurige watertand-geregte soos calamari-steak, lamskenkel-canneloni, eend-pitihivia en Fillet rouge verwag. Meester-sjef Alan Huang en sy soesji-span stel ook nie teleur met hul wonderlike vars en innoverende geregte nie.

Dié stylvolle restaurant in die V&A Waterfront spog met ’n marmer-ingang, soliede houtvloere en Amerikaanse okkerneut-mure. Daar is ook ’n aparte kroeg-en-kuierplek met ‘n bra indrukwekkende wynkelder met 3 000 bottels. Op die terras kyk jy uit op die besige Waterfront, en binne kan jy die sjefs in aksie sien in die oop kombuis. 

Daar is boonop gereelde spesiale aanbiedings wat jou keer op keer sal laat terugkeer:

12:00 – 14:00: 25% afslag op alle soesji en mengeldrankies 7 dae ’n week
14:00 – 17:00: alle soesji en mengeldrankies halfprys 7 dae ’n week
soesji-skinkbord met 26 stukke vir R109 
“Degustation”-spyskaart: 4-gang-proe-keur vir R190. R250 p.p. as jy wyn saam met elke gang insluit (tot 29 September)

Sevruga is by winkel 4, Quay 5 in die V&A Waterfront in Kaapstad. Skakel 021 421 5134 of besoek www.sevruga.co.za vir besprekings en nog inligting.