Kosstories

Roer! – Natasha Sutherland se hoenderpastei

Natasha Sutherland en Tammy-Anne

Bestanddele

  • 2 heel hoenders, in porsies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • Ina Paarman se roosmaryn-en-olyfgeursel
  • ¼ koppie water

Hoenderpastei

Metode

1. Voorverhit oond tot 180°C. Plaas hoenderstukke in groot oondpan en voeg uie, geursel en water by.
2. Bedek met foelie. Bak in oond vir sowat 1½ uur.
3. Sodra gaar, verwyder uit oond en laat hoender afkoel.
4. Haal die hoender uit die oondpan (los die sous in die pan). Verwyder vleis van bene en gooi vel weg. Sny die hoender in hap-grootte stukkies.

Sous

  • ½ hoender-aftrekselblokkie
  • 250ml kookwater
  • sous van gekookte hoender
  • 1 pakkie hoenderroomsop

1. Los ½ aftrekselblokkie in water op en voeg hoendersous uit braaipan daarby.
2. Voeg pakkie sop by vloeistof en laat kook – roer om te voorkom dat dit klonte vorm.
3. Voeg hoenderstukke by sous en laat dit kook.
4. Voeg sout en swartpeper na smaak by.

Opsioneel: Voeg ‘n blikkie gedreineerde gesnyde sampioene en/of ‘n blikkie gedreineerde ertjies by hoender.

Deeg

Wenk: Gebruik deeg slegs vir die bokant van die pastei – minder kilojoules!
2 pakkies bevrore blaardeeg

1. Voorverhit oond tot 180°C.
2. Plaas hoender in pasteibak.
3. Rol blaardeeg uit tot sowat 3 mm dik en sny deeg om pasteibak te bedek.
4. Verf met geklitste eiergeel.
5. Prik deeg met ‘n vurk.
6. Bak in ‘n voorverhitte oond tot goudbruin.

Kyk die Roer! episode hier