011210skh001
Kosstories

NUUT! SARIE KOS Somer 2010/2011

Die wêreld is  ’n verleidelike plek en oral wag die verleiers dat ons oorbluf en oorwonne in hul skoot val. Die koninklike troue binnekort van William en Kate is onverdunde verleiding. Want voor daardie TV gaan ons sit, al het ons dalk g’n erg aan die koninklikes nie. Somer op sigself is ’n verleidelike seisoen. Dis die hitte, dink ek, en dalk die minder klere wat maak dat ons so uit ons kassie klim. Ons is net vroliker wanneer die son skyn. Ons kuier oor en weer, ek dink ons lag meer, ons eet tog so lekker.

Gepraat van eet. Ek verklaar kos bo-aan die lys van die wêreld se magtigste verleiers. Dink net: Het jou beste intensies om kuis te eet ’n kans teen ’n toebroodjie dik gesmeer met  grondboontjiebotter en druppende gouestroop? (Ja, witbrood gesméér met die botter.) En wie gaan die slegste uit die stryd tree: Jou besluit om getrou gesond te eet of daardie sappige hamburger met die uieringe en ekstra kaas? (Sodat jy darem net weer kan voel die lewe is die moeite werd.) Die stryd is só eensydig dat ons nie eens kan hoop vir ’n gelykop-resultaat nie.
Jare gelede het ek ’n onderhoud met ’n top-sjef op Mauritius gevoer en ek vra hom toe wat eet hy alleen in sy kombuis. Sy antwoord: Witbrood met regte botter, soetrooi tamaties en baie sout en peper. Ek dink almal het so ’n kombuis-oomblik, of jy nou ’n wêreldsjef is
of net gekonfyt is in eet!

Toe vra ons 5 SA sjefs om hul as-niemand-kyk-nie-giere met ons te deel. Jou tone krul behoorlik van die lekkerlees, want hul verleiding strek van baked beans tot Rice Krispies met baie suiker, en kerrievis!

Maar dis nie waar my swakte lê nie. Gee my liefs ’n avokado – romerig en nie te ryp nie. In die skemer van my kombuis sny ek hom netjies in die helfte en haal die pit uit. En dan gryp ek die suikerpot en strooi ’n dik laag suiker oor elke helfte. Ek staan sommer so teen die kombuiskas en eet die verleidelikheid met ’n teelepel uit tot net daardie dun groen skil oorbly. Die soetigheid saam met die botterigheid is my kan-nie-omdraai-nie. Kraak die suiker dan nie onder jou tande nie? vra geskokte vriende.

Ja, dit kraak, sê ek, dís die lekkerte!

Geniet ons somer-uitgawe. Dis kraakvars en verleidelik vir die warm dae wat voorlê!

Michélle van Breda

- Michélle van Breda, redakteur

Somer

Vakansietyd en feestyd kook die meeste van ons ’n storm los in die kombuis. Kersdag is daar gewis ’n groot ham en kalkoen op die tafel, en daarvan bly mos altyd iets oor.
Die volgende dag word die ham op broodjies met korrelmosterd geëet en selfs ’n koue kalkoen-broodjie is nie sleg nie.

My ma het die wonderlike gawe gehad om met dié twee vleissnitte ánder disse op te tower. Ham is gewoonlik in blokkies gesny, en met die kalkoen het sy rys-konkoksies gemaak. Een jaar het die kalkoen drie gedaantewisselings ondergaan! Van die oorskiet het sy sult, of brawn, soos baie mense dit noem, gemaak, asook die rysdis.

Toe die res van die kalkoen in ’n pastei voorgesit word, het ek geweet die vakansie is byna verby!

Ek wonder wat ek dié jaar met al die oorskiet-Kerskos gaan maak. En jy? Miskien ontwikkel daar ’n hele paar nuwe resepte!

Lekker kook

Barbara Joubert

- Barbara Joubert, kos-redakteur

 

HIERNA KAN JY UITSIEN!
12 Koel somerslaaie
12 koel somerslaaie
Koningskos vir Kersfees
Ontbeende hoender met ricotta + spinasie
Maklike poedings – almal onder 5 minute!
Maklike poeding in minder as 5 minute!
Beste broodjies
Vakansie-broodjiesOop pizza-broodjies
Uit die Griekse kombuis: Uittreksel uit kosskrywer Tessa Kiros se nuutste kookboek
Uit die Griekse kombuisMosselrys
Só eet ons sjefs (as niemand kyk nie!)
Wat die top-sjefs by die huis eet
6-uur tuis, eet halfsewe: 2 weke se 30-minuut-etes
Gebakte filet op aartappels
Ertjies kruip uit hul dop
Ertjies kruip uit hul dopErtjie-risotto
Pittige lekkerte: Grenadella-inspirasie vir somer!
Grenadella-inspirasieGrenadella-limonade
Gesonde koekies
Gesonde koekies
PLUS
Die land se beste aartappelslaai!
Die lekkerte aartappelslaai
Die lekkerste ham – só maak mens
Die lekkerste ham
  • http://sarie.com Sandra

    Kan nie wag nie!

  • Lily

    Sarie Kos wil huis toe kom – na Mamma toe! Kom Saartjie, Mamma wag.

  • http://www.lanise.co.za ilse slatter

    hmmmmmmmmm maar dit lyk te heerlik

  • Mamba

    Die foto’s is darem maar goed! Tien uit tien vir Mickey Hoyle. STUNNING.

  • Rynette van Vuuren

    Goeiemiddag, waar kry ek die aartappelslaai resepte wat tweede en derde gekom het in die kompetisie? Baie dankie.

  • Lulu Nieuwoudt

    Lulu Nieuwoudt,

    Graag wil ek net weet waar die eetstel wat op bl.42 – 45 beskikbaar is en of dit te koop is? Die Sarie Kos is `n uitstekende tydskrif! Baie dankie.

  • Lulu Nieuwoudt

    Lulu Nieuwoudt,

    Graag wil ek net weet waar die eetstel wat op bl.42 – 45 beskikbaar is en of dit te koop is? Die Sarie Kos is `n uitstekende tydskrif! Baie dankie.

  • Peggy Nothnagel

    Dit lyk Fantasties!! Kan nie wag nie!!

  • Lisel

    Ek het nou net gesit en skater lag (in my binnekant, want ons praat mos nie daaroor nie) vir die "Kosstories" artikel in die nuutste weergawe van Sarie kos.

    Neus in die lug het ek jaaslaar sit en luister voor ‘n troue hoe vriende van familie in Namibie sit en polonie pryse van hulle tuisdorp en waar hulle toe was sit en vergelyk. Nou en dan as ek my beste vriend wil spot vertel ek vir sy "foodie vrou" oor sy "Bullie Bief" probleem van jare terug!

    Die artikel het my nou net al my kosliefhebbers laat email sodat en met oorgawe kon ek verklaar: EK IS MAL OOR GEROOKTE WEENSE WORSIES, OP GOEDKOOP HOTDOG ROLLS MET DIE HELDERSTE EN GOEDKOOPSTE MOSTERD WAT EK MY HANDE KAN OP KRY, en hulle gevra om ook te deel. Ek sit en wag in spanning om terug te hoor – want ons het almal ‘n "polonie" in die kas wat ons nie graag vir mense van wil vertel nie. Dankie Sarie Kos (en Errieda du Toit), julle het my dag gemaak!

  • Mariza Fourie

    Waar kry ek die aartappelslaai resepte van 2de en 3de plek

  • Helene

    Waar kry ek die aartappelslaai resepte van 2e en 3e plekke?

  • http://cbwoscqbegsj.com/ viugfk

    riyDvy khxmdvepleua, [url=http://qhdlaqazxlfi.com/]qhdlaqazxlfi[/url], [link=http://bxjwqzmnofrg.com/]bxjwqzmnofrg[/link], http://mekypxtupvxw.com/

  • Anoniem

    Haai julle. Aartappelslaai-resepte van 2de en 3de plekke kan by die volgende links gevind word. Click gerus daarop om na die regte plek geneem te word.

    2de resep:
    http://www.sarie.com/lees/artikels/lane-van-eeden-2de-plek-aartappelslaai-wenner

    3de resep:

    http://www.sarie.com/lees/artikels/nino-de-villiers-3de-plek-aartappelslaai-wenner

  • Nelie

    Waar kry ek die aartappelslaai resepte wat 2e en 3e plekke gekry het? Asseblief?