sk_man
Kosstories

NUUT! SARIE KOS vir MANS

NUWE KOSTYDSKRIF VIR AFRIKAANSE MANS ’N SA EERSTE

SARIE KOS vir mans is ’n jaarlikse tydskrif en bedoel vir die moderne Afrikaanse man wat sy kosmaak-vaardighede wil uitbrei tot verder as die braaivleisvuur. Hy is waarskynlik ’n buitelugmens en vurige sportondersteuner, maar erken hy bewonder Jamie Oliver en Nigella Lawson. En dié nuwe tydskrif is sy regterhand in die kombuis.

Hierdie man ken sy pad in die supermark en kies sy gunstelinge sorgvuldig. Hy skroom nie om ’n bottel wyn oop te maak sommer so terwyl hy kosmaak nie. Hy wil graag nuwe smake ontdek en niks maak hom gelukkiger as om vir familie en vriende te kook of kerse aan te steek vir ’n romantiese ete vir twee nie.

SARIE KOS vir mans volg dieselfde formaat as SARIE KOS, met vier duidelike afdelings: sy kos, manne-kos, huiskos en buite-kos. Heerlike kos-stories, resepte vir familie en vriende (elkeen met ’n foto geïllustreer), ’n rubriek en handevol slim wenke en nuwighede maak elke afdeling besonders en inspirerend.

Volgens Barbara Joubert, SARIE KOS se redakteur (Galliova-wenner: beste kosskrywer in 2009 en saam met Herman Lensing mede-redakteur van SARIE KOS vir mans), is dit vir haar die lekkerste as haar man agter die potte inskuif en vir almal begin kosmaak. “Manne, dis nóú tyd om jul kreatiwiteit in die kombuis uit te leef. Die geliefdes in jou lewe sal beslis nie omgee nie!” sê sy.

Michélle van Breda, SARIE se redakteur, sê die een stukkie SARIE-statistiek wat mense sonder ophou verras, is dat 31% van die tydskrif se lesers mans is. “Hierdie mans is nie bang om hul talent en kreatiwiteit in die kombuis te wys nie. Drie van die vyf wenners in ons SARIE KOS-wedstryde tot nou toe was ook mans, wat net nog ’n bewys is dat die bekendstelling van SARIE KOS vir mans onvermydelik was. Nou moet ons dit maar erken, die manne het ons verlei – dié tydskrif was ’n móét, en dit was een van ons lekkerste projekte nóg. Ek voorspel dat die bordjies dié keer verhang gaan wees – dat ook vroue nie hul hande van hierdie tydskrif sal kan afhou nie.”

SARIE KOS vir mans is van 26 Mei 2010 op die winkelrakke teen R32,95.

 

IN DIÉ UITGAWE

 

Maak steak & tjips soos ‘n sjef (met sous, ja)

T-been met kruiebotterDie perfekte tjip

 

Manne-wegbreek: Kampkos vir die naweek

Regruk-broodjie wanneer jy kamp

 

15 vinnige bachelor-etes

Varkribbetjie met soetpatatsMosterd-lamtjops met aartappels en ertjies

 

3 wenpotte – Kenner sê hoe

Tarentaal au pinot noir-potTrekpad-pot

 

Maak jou eie beesbiltong

Maak jou eie biltongJaco Kirsten wys hoe om biltong te maak

 

Skrywer Johan Bakkes se boskos

Johan Bakkes, skrywer, kosfoendi en dosent

 

6 maklikste brode

Biltong-en-bierbroodMediterreense brood in &aposn sakkie

Vat ‘n forel huis toe

Charl Hamilton van Jonkershoek FlyfishingUithaal-en-wys-forelgereg

  • JENIFER MEYER

    FANTASTIES!

  • Susan Owen

    Super Cool, ek dink die vroue gaan net so opgewonde wees oor die boek as die mans

  • Bianca

    Dis ‘n sexy man wat staan en visvang!

  • Zani

    Ek kry dit nerens in Centurion te koop nie – help asb!

  • Ou tanta Kowa

    Dit maak my sommer lus, om net more die boek te gaan koop Al het ek al vir jaaarrre nie meer uit ‘n boek kos gemaak nie….. So lekker lyk die fotos –
    vd Kos meen ek

  • http://feaxcqjadpab.com/ ajchznn

    eai0Q2 lpikgzoghihs, [url=http://lavddtvjenao.com/]lavddtvjenao[/url], [link=http://bpuozdvijrcm.com/]bpuozdvijrcm[/link], http://eemzhegoawke.com/

  • Derik

    Sjoe wat ‘n fantastiese boek! Ek het dit gister gekoop na ek na omtrent 4 winkels moes gaan, dis rerig ‘n wenner! Die brood storie gaan ek beslis elkeen van bak en nie eers gepraat van die baie lekker kamp resepte nie. Daar is soveel lekker stories om te lees! Baie geluk Sarie!

  • Janette Wiehahn

    Baie geluk SARIE KOS! Wat ‘n uitstekende uitgawe – beveel dit aan vir al my vriende.

  • Sarah Aucamp

    dit lyk alles goed, mooi en lekker net jammmer in Tzaneen op 14 Junie 2010 is Sarie Kos nie beskikbaar in enige winkel tot PNA en CNA

  • Maryna van Durban Shelly Beach

    Ek het die boek gekoop en vind dit UITERS UITSTEKEND MET BAIE duidelike aanduidings en raad en stories, bespreekings i.v.m met die resepte, MAN dit is "even" BETER as vir ons Vroue somer “Jealous” op so ‘n PUIK BOEK en dit vir ons manne!!! Ek raai almal aan(manne en vroue)” Spoil” jou self en skaf sommer gou een aan voor hulle UITVERKOOP is!!! Kan nie wag vir die volgende een nie (Hierdie kos sal almal van hou kook, braai en kamp die kos is NIE BAIE “fancy”nie(wat ek van hou lekka vinnig), MAAR LEKKER KOS!!! en "EASY" ook! BAIE BAIE GELUK SARIE HOU SO AAN !!!!!!

  • Antoinette Magson

    Was so bietjie skepties oor die boek, maar hel! SARIE julle weet maar net hoe om dit te doen! van steak tot brood! En as my man nie vir my so romanties gaan kook nie is die hel los! Ek kan nie genoeg kry nie. Barbara en Herman, julle is voorwaar ‘n voorslag in die kombuis! Baie geluk en ek kan nie wag vir die volgende een nie!

  • Bessie Louw

    Kan julle asb help. Ek het die hele Nelspruit deurgesoek vir SARIE KOS VIR MANS maar kon niks kry nie? Laat my asb weet by watter winkel ek dit te koop kan kry?

    Groete

  • Gerhard Botha

    As ‘n man enige tydskrif deurblaai kyk hy watse resepte daarin is. Sarie kos vir mans is AMA…..zing

  • http://www.whatsonthemenu.co.za Collin

    Ek het dit as vadersdag geskenk gekry. Die boek is stunning. Ek het gister middag bietjie voorgelees uit die boek uit (ek is in ‘n saamry klub) en die ander manne het almal onderneem om vir hulle ook een te koop. Ek maak vanaand die t-bone met bearnaise sous.

  • Marinda de Jongh

    My man kan net n eier bak en sowaar,ek gaan die boek vir hom koop!!!

  • Esti Swart

    My kerel wil so graag die tydskrif he, maar ek was al by 5 winkels en kan dit nerens kry nie!
    Ek is aan die Oos-Rand, maar het ook al in centurion gesoek…
    Waar kan ek dit kry?

  • http://www.whatsonthemenu.co.za Collin

    Ek het gisteraand die t-bone met bearnaise sous gemaak. Eerste keer wat ek steak in my riffel pan gebraai het en dit was ‘n reuse sukses. Twee lekker t-bones. Pan baie warm, steak olyf olie gesmeer en sout en peper opgesit. 5 Minute per kant (net een draai) en dan 3 minute laat staan. Steak, sous en tjips in ‘n warm bord geskep. Heerlik gewees.

  • Sjezey Lottering

    Ek sal ook graag wil weet waar ek Sarie kos vir mans in die hande kan kry, ek is absoluut gek oor al die Sarie kos boeke, maar het ook al my naaste winkels in Centurion probeer en kry dit nerens te koop ni. Kan iemand my asb help!

  • Jana

    bBaie geluk SARIE, ek het jul eerste uitgawe by ons Motorhawe gekoop en daar is net een manier om te se DIS GREAT!!!!!!!!!!!!! Jana Nel

  • Jana Nel

    Weer Jana. Is daar ‘n moontlikheid dat my SARIE KOS in my posbus afgelewer kan word. Bly op ‘n plaas in N-Kaap en is bang ek loop my uitgawes mis. DANKIE DANKIE DANKIE "SARIE KOS"

  • Simone

    Ek het dit gemis, kan julle asb nog uitbring?Of kan ons bestel?

  • Gert Strydom

    Waar kan ek een krt asb.?

  • Samuel Keeve

    kan ek inteken op sarie kos mans

  • Maryke van SARIE

    Hi Samuel. Ongelukkig kan mens nog nie op SARIE KOS vir mans inteken nie. Sodra dit verander, sal ons julle dadelik inlig op sarie.com. Groete

  • Annette

    Hi daar, ek het die afgelope naweek van winkel tot winkel in Pretoria gegaan maar kon nie Sarie Kos vir Mans kry nie. Nie eers CNA Jakarana Sentrum kon help nie. Waar kan ons bestel?

  • ORPA BEKKER

    Weet nie wie hierdie ongelooflike Sarie Kos vir Mans-idee uitgedink het nie, maar dit is voorwaar ‘n treffer! My man (ons is senior burgers) het sy oog gou op die maklike ciabattabrood gehad! Die eindresultaat was ongelooflik en ons Kenwood, met K-beater-en al, werk oortyd en die pantoffelbrode word elke dag uitgeryg! Wonderlike geskenk-idee ook vir vriende as jy uitgenooi word vir ete. Vleissnitte ook interessant – mens raak nooit te oud om te leer nie! Kosgroete! Orpa Bekker
    30 Julie 2010

  • Ina van Wyk

    Fantastiese tydskrif en baie oulike resepte en almal in ons familie geniet dit. My sus wil graag weet wanneer die volgende uitgawe verskyn. Laat weet asseblief. Groete,

  • Cecilna

    Ek het die eerste uitgawe op die rak misgeloop en is so spyt want my 3 manne gaan graag kamp en visvang. Wanneer kan ons inteken en waar kan ons die eerste uitgawe kry as ek dit gemis het – my manne vra!!!!

  • Leandi

    Is daar nog net 1 Sarie Kos vir Mans uit? Die Aug 2010 uitgawe? Of het ek uitgemis?

  • Anton de Munnik

    Is daar n manier wat ek al die eksemplare op my IPAD kan aflaai
    Dankie
    marthi@mweb.co.za
    0828959922