Kosstories

Nuwe ‘Die Nataniël Tafel’-kwinkslae – lees dit hier!

Alles hoef nie altyd te lyk of ons dit simpel gebraai het nie

Vis kom uit die see, daar is klaar genoeg sout

Ek ruik ‘n visserman so vars is hierdie vis

Uitjies is die hoofgereg, vleis is die bykos

Die vleis moenie lyk soos ‘n ou tenniskampioen nie

As hierdie pan nou nog nie warm is, dan sal ek sommer warm word in sy plek

Vir ‘n minuut gaan ek net terugstaan, want die kos skryf nie eksamen nie. Ek hoef nie vir hom te loer nie

Ek gaan hom omdraai en vier briewe ontvang oor my higiëne

Ek weet nie hoekom mense kos kook vir ‘n kompetisie nie. Seker nie genoeg spanning by die huis nie …

Ek staan hier met ‘n kers soos ‘n verpleegster wat haar graad ontvang

Ons is niks sonder ‘n roos nie, party se loopbane is gebou op een

Hier is gisteraand se heerlike resepte (klik op die skakel om oop te maak):

Die Nataniël Tafel-resep: Koningklip met witwyn en olywe

Die Nataniël Tafel-resep: Uitjies in rooiwyn

Die Nataniël Tafel-resep: Pere in rosé

SARIE kook met wyn in die kospotte