Foto deur Mickey Hoyle
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Kosstories

Ons beste resepte vir Wêreld hamburger-dag

Al is dit oorspronklik ’n oorsese gereg, is dit ook by ons byna ’n stapelvoedel. Die karre by wegneem-eetplekke staan aand na aand tou om een van die gewildste geregte op aarde te bestel: die hamburger.

Die geskiedenis van die hamburger

Die hamburger kry sy naam van Hamburg in Duitsland, waarvandaan baie Amerikaners gëemigreer het. Waar en wie die eerste hamburger gemaak het, is nie duidelik nie, maar een van die eerste mense wat dié gereg in ’n restaurant verkoop het, was ’n Deense immigrant, Louis Lassen. Hy het in 1895 ’n klein middagete-trokkie, Louis’ Lunch, oopgemaak en hamburgers verkoop. Dié trokkie is al vir vier generasies in die besit van dié familie en jy kan steeds net die Hamburger op wit roosterbrood kry, met ’n keuse van uie, tamatie en kaas, maar met geen souse nie.

New York Magazine sê een van die mites oor die hamburger is dat matrose van Hamburg dié gereg op Amerikaanse grond by Louis geëet het (wat hy uit nood gemaak het omdat hy nie meer biefstukke gehad het nie) en dit toe na hulself vernoem het.

Maar daar is baie mites oor wie die eerste ware hamburger gemaak het soos ons dit vandag ken.

Salisbury-steak

Tydens die Eerste Wêreldoorlog het Amerikaners die hamburger die “Salisbury-steak” genoem, weens die anti-Duitse sentiment wat toe geheers het. Maar ná die oorlog het hamburgers weer gewild geraak, veral met die White Castle-restaurante wat oral oopgemaak het.

Die eerste McDonald’s-restaurant het in 1940 in Kalifornië sy deure oopgemaak en in 1948 die “Speedee Service System” bekend gestel – wat vandag nog die beginsels van enige wegneemete-restaurant is.

Elke streek se unieke hamburger

Elke streek het deur die jare sy unieke stempel op die hamburger afgedruk.

  • ’n Texas-burger se enigste sous is gewoonlik net mosterd, en dit kom saam met jalapeno-rissies en kaas
  • In Amerikaanse state soos Wisconsin is botter ’n belangrike bestanddeel – hetsy op die broodjie gesmeer, as deel van die vleis of ’n klontjie botter op die vleisie voordat hulle dit voorsit
  • In Hawaii het hamburgers gewoonlik teriyaki-sous en pynappel, weens die Japanees-Amerikaanse kultuur daar
  • In sekere dele van Kanada word ’n hamburger gemaak van ’n spesifieke Oekraïnse wors, kubasa
  • In Mexiko is daar gewoonlik ’n sny ham saam met die kaas en biefvleis op die broodjie
  • Sommige hamburgers in Australië het ook beet in die broodjie
  • In China is die broodjies baie soet, met ’n dun sny varkvleis daarin
  • In Japan kan jy ’n rys-burger bestel. Die broodjies is dan van rys gemaak
  • In Indië is die meeste burgers van hoender of groente – uit geloofsredes
  • Die Britse restaurant Wimpy, wat ons ook in SA kry, is een van die eerste restaurante wat die hamburger saam met messe en vurke voorgesit het
  • Die eerste hamburger van vleis wat in ’n laboratorium gekweek is, is in Augustus 2013 in Londen geëet.

Die wen-hamburger

Uit baie inskrywings het SARIE KOS-redakteur, Barbara Joubert, dié een gekies as die beste hamburger in Suid-Afrika.

Foto: Micky Hoyle

Foto: Micky Hoyle

Probeer ook

Gebruik dié wenk vir die pynappel-en-spek-burger sodat dit makliker is om te eet

FOTO: Micky Hoyle

FOTO: Micky Hoyle

Plaas spek soos ’n kruis op dieselfde bakplaat. Plaas hamburger-vleis-patty bo-op spek. Pak ’n pynappelring op die patty. Vou spek oor pynappel. Sit bakplaat in warm oond en oondbraai sowat 30 minute tot gaar.

Nóg heerlike hamburgers op SARIE.com

Bronne: Wikipedia, Wimpy, New York Magazine, Connecticut Library