Milan op die stel van Mooirivier

Kosstories

Ons eerste celeb-resep: Milan Murray se top-braaivleis-slaai

SARIE.com hoor elke Vrydag by bekendes wat hul gunsteling-resep vir die naweek is. Ons het eerste by aktrise Milan Murray, wat nou in Mooirivier te sien is, gaan aanklop.

Milan se top-slaai by braaivleis

“My man, Schalk van der Merwe, ’n sakeman, dink ’n mens het net braaibroodjies as bykos nodig saam met braaivleis, maar my gewete (en badkamerskaal!), voel anders. Dié resep leen ek by my skoonsus, Christelle van der Merwe,’n fisioterapeut van Claremont naby Kaapstad.’’

Wat het jy nodig?

  • 1 pak groenboontjies, punt aan albei kante afgesny
  • 2 komkommers in die helfte gesny, geskil en in die lengte in ses repe gesny
  • 250 g fetakaas, gekrummel
  • olyfolie
  • witasyn
  • korrelmosterd
  • fyngekapte knoffel
  • suiker
  • heuning
  • sout en peper na smaak

Metode:

  • Kook groenbone effe – nie pap nie (laat tien minute afkoel)

 MAAK SOUS:

  • meng ¼ koppie olyfolie
  • ¾ koppie witwynasyn
  • 1 teelepel korrelmosterd
  • fyngekapte knoffel
  • suiker en heuning na smaak
  • sout en swartpeper na smaak

Meng groenbone, komkommer en fetakaas in bak. Wag tot net voor jy dit voorsit en drup sous bo-oor.

  • WENK: “Dit lyk baie mooi as jy dit voorsit in ’n wit bak met twee hout-slaailepels (selfs die Britse sjef Jamie Oliver sal jou op die skouer klop!)”
  • NS: Maak seker dat jou geliefde wat saam met jou in die bed spring dieselfde hoeveelheid groenslaai as jy (met knoffel!) geëet het … ” sê Milan.
  • Milan is ook nou te sien in die dramedy (dramatiese komedie) Mooirivier wat losweg geskoei is op Love Actually.

Saam op die spyskaart

Beesfilet-oor-die-kole met sampioensous

Paptert

FOTO: Donna Lewis SARIE AUGUSTUS 2014

FOTO: Donna Lewis
SARIE AUGUSTUS 2014

Nóg ’n idee vir die Valentynsnaweek

Daar’s nie ’n beter tyd as om die spesiale persoon (of persone!) in jou lewe uit te neem vir ’n fliek nie!

Die nuwe Afrikaanse rolprent Mooirivier (die eerste ensemble-fliek in Afrikaans) wys tans op die grootskerm!

Moenie dié fliek misloop nie – koop sommer jou kaartjie nou en verseker jy kry ‘n sitplek.

Mooirivier Valentynsdag 2015Lees nou