Kosstories

Ons soek SA se beste sjokoladekoek!

WAT JY MOET DOEN

Stuur jou volledige resep vir sjokolade-koek, jou naam, adres, e-pos-adres en telefoonnommer, plus ’n foto van 
jouself (kop en skouers) aan SARIE KOS, Posbus 1802, Kaapstad 8000.

Of stuur e-pos na sariekos@sarie.com met 
jou foto aangeheg (300 dpi).

DIE BEOORDELAARS KYK NA . . .

… hoe die sjokoladekoek smaak, 
maar voorkoms is ook belangrik. 
Hier’s ’n paar punte om in gedagte 
te hou:
• Die tekstuur – bv. droog of klam.
• Hoeveel lae – een of dalk drie?
• Is daar ’n unieke bestanddeel?
• 
Die versiersel en vulsel – fondant- 
of botterversiersel of dalk iets anders?
• 
Is dit jou eie skepping, of is die resep 
al lank in jou familie? (Solank dit nie 
uit ’n bestaande tydskrif of resepte-boek kom nie.)
• 
Hoeveel stappe – is dit moeilik of maklik om te bak?

WENNER

Die wenner en wenresep word in SARIE KOS van Oktober/November 2011 aangekondig.

WAT JY WEN

1ste Prys (R4 150)
Kenwood kMix-menger, 
model KMX51, van 500 watt met ’n ballonklitser, K-klopper en deeghaak.

2de Prys (R1 900)
Kenwood kMix Espresso Maker, model ES021, maak elke keer perfekte espresso of cappuccino.

Kenwood kMix Espresso Maker

3de Prys (R1 250)
Kenwood kMix-handmenger, 
model MB791, met ’n 700 watt-motor en vyfspoed-verstelling. Jy kan kap, skuim maak (ideaal vir cappuccino), klits of deeg verwerk. Die slim ruimtebesparende wegpak-eenheid hou al die dele bymekaar, gereed vir gebruik.

Kenwood kMix-handmenger

Die nuwe Kenwood kMix-reeks is sexy, vinnig en maklik om te gebruik, en sluit broodroosters, ketels, koffiemakers en mengers in. En die afwerking – treffende rooi of blinkswart – sal jou dadelik verlief maak! Bak en kook word ’n plesier.

Vir meer inligting, besoek 
www.kenwoodworld.com of skakel 
011 474 0153.