trifle
Kosstories

Ons soek SA se lekkerste trifle

Ons het reeds die land se beste melktert, tamatiesmoor en kerrie-sosaties (sien nuwe SARIE KOS Lente 09) opgespoor. Nou’s ons op soek na die lekkerste trifle. Met jou resep − of dalk is dit jou oumagrootjie s’n! − kan jy ’n Kenwood-toestel wen. Vir inligting oor Kenwood, skakel 011 474 0153 of besoek www.kenwoodworld.com en klik op Suid-Afrika.

Wat jy moet doen
Stuur ’n volledige resep vir jou trifle, met jou adres, e-posadres en telefoonnommer, plus ’n foto van jouself (kop-en-skouers), aan SARIE KOS, Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of stuur e-pos na sariekos@sarie.com met jou foto aangeheg (300 dpi).

Beoordelaars kyk só

  • Of jy ’n konfytrol (jam rol) of sponskoek, vla, alkoholiese drank en room gebruik – dis verpligtend.
  • Jellie is opsioneel.
  • Jou persoonlike stempel, m.a.w. of jy neute, kersies of wat ook al byvoeg of nie.
  • Die oorspronklikheid van jou resep. As jy dit self ontwikkel het, noem dit, of as dit ’n familie-erfstuk is. Resepte uit kookboeke of tydskrifte word nie aanvaar nie.

Sluitingsdatum: 30 Oktober 2009
Wenners sal teen 31 November telefonies in kennis gestel word.

1ste prys

Kenwood Chef model KMM560

Kenwood Chef model KMM560 t.w.v. R3 000. Dit het 3 verskillende mengers en ’n kragtige 1 000 W-motor, als met sjiek metaalafwerking.

2de prys

Kenwood- kompakte voedselverwerker model FP250

Kenwood- kompakte voedselverwerker model FP250 t.w.v. R1 200. Daar’s ’n versapper, kaplem met 2 spoedverstellings en sitrusversapper.

3de prys

Kenwood Smoothie2Go model SB055

Kenwood Smoothie2Go model SB055 t.w.v. R600. Geniet jou eie gesonde smoothies in 2 wegneem-bekers. Daar’s ook ’n ys-fynmaker.

* Die wenner en naaswenners se resepte en foto’s verskyn in SARIE KOS se somer-uitgawe asook op sarie.com.


WEDSTRYDREËLS

1. Die resepte sal deur SARIE KOS getoets word en ’n paneel beoordelaars sal die wenners aanwys. 2. Die wenners sal telefonies teen 20 November 2009 in kennis gestel word en hul resep en foto sal in die somer-uitgawe van SARIE KOS verskyn. 3. Werknemers van Media24, hul advertensie-, reklame- en digitale maatskappye asook hul gesinne mag nie aan die wedstryd deelneem nie. 4. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 5. Deur aan die wedstryd deel te neem gee jy toestemming dat jou resep en foto in SARIE KOS en op sarie.com mag verskyn. 6. Deur aan die wedstryd deel te neem stem jy in om van tyd tot tyd sekere promosie-korrespondensie van SARIE te ontvang.