Kosstories

Ons springmielie-resepte vir MasterChef + 5 geheime uit dié TV-kombuis

MasterChef Australia is weer weeksdae op TV en ons is reeds verslaaf, soos met die vorige seisoen.

Dié week was een van die uitdagings om ’n interessante gereg met springmielies te maak en toe wonder ons – wat sou óns maak?

Hier is 2 resepte wat ons sou voorsit. Dink jy SARIE sou dié uitdaging wen?

Cannoli met karamel-en-springmielieroom

Cannoli met karamel-en-springmielieroom

FOTO Michael le Grange

Springmielies met sjokolade en neute

Feb-12

Makliker opsies

Springmielies met parmesaan-kors

FOTO Lee Malan

FOTO Lee Malan

Karamel-en-okkerneut-springmielies

sr1304_hoofkos_3_-570x746

MasterChef-geheime … Het jy geweet?

Hulle deel hul resepte!

Al die resepte is beskikbaar op hul webtuiste. Ja, jy't reg gehoor! Al die toetse en resepte van deelnemers is beskikbaar op hul webtuiste.

Kry dit hier hier

Uitdagings is nie presies soos dit vir jou lyk nie

Die tydbeperkings bly dieselfde en sal nie deelnemers beïnvloed nie, maar ná afloop van die vasgestelde tyd word ekstra kamerawerk gedoen om te verseker daar is beeldmateriaal uit al die verskillende hoeke.

Deelnemers op balkon is irriterend

Dié deelnemers se gejuig is soms baie irriterend vir die deelnemers in druk-toetse (pressure tests).

Die kos is koud

Ná elke druk-toets (pressure test) word die geregte in die yskas geplaas en die span kry 'n middagete-blaaskans. Dit verseker regverdige beoordeling deur te keer dat die beoordeelaars honger is en voorkeur gee aan die eerste gereg wat hulle proe.

Die beoordeelaars het hul gunstelinge

Die beoordeelaars het hul voorkeure en in baie gevalle sal hulle ook gunsteling-deelnemers hê. Maar daar word nie gediskrimineer nie.

Spanning in die huis

Soos by elke kompetisie is daar groot druk en deelnemers ervaar baie spanning.

Geen selfone

Die deelnemers se selfone word om verstaanbare redes verbied. Hulle mag wel hul eie resepteboeke in die huis hê en daaruit voorberei.