kelloggs promo
Kosstories

Ontbyt-pizza

Die pizza het ’n lekker (en maklike!) dik kors met gekaramelliseerde uie, kaas, biltong en pikantrissies. Gebruik Kellogg’s All-Bran of Kellogg’s Special K vir die kors.

kelloggstag

genoeg vir 4 – 6 

Maklike kors

• 3 koppies (750 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 5 ml sout
• 250 ml Kellogg’s All-Bran Flakes of Kellogg’s Special K, gebreek
• 2 eiers
• 375 ml (1½ k) melk
• 60 ml (¼ k) olie

Tamatielaag

• 2 – 3 ryp tamaties, blokkies gesny
• 2 knoffelhuisies, gekap
• ’n skeut olyfolie
• hand vol vars origanum- en basiliekruidblare
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 

Uie-laag

• olyfolie vir braai
• 2 uie, ringe gesny
• 2 knoffelhuisies, gekap
• hand vol tiemie
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 

Vir bo-oor 

• cheddarkaas, biltong en pikantrissies

Verhit oond tot 180 ˚C. Spuit oondpan goed met kleefwerende kossproei.

Kors Meng meel, bakpoeier en sout in groot mengbak. Voeg die Kellogg’s All-Bran of Kellogg’s Special K by. Klits eiers, melk en olie saam. Voeg by meelmengsel en roer tot deeg vorm. Druk deeg in pan met vingerpunte.

Tamatielaag Meng al die bestanddele vir die tamatielaag. Skep dit bo-op die kors.

Uie-laag Verhit olie tot warm in braaipan en braai uie en knoffel tot sag. Die uie moet effens gekaramelliseerd wees. Skep mengsel op kors.

Sprinkel kaas, biltong en pikantrissies oor.

Bak vir 15-20 minutes of tot kaas begin smelt en kors gaar is.

Variasie

Jy kan die tamatie- en uielaag vervang met basiliepesto en ’n hand vol babatamaties en bocconcini-kaas.

kellogg's SYG logo

Maak ook

Dadel-en-rysmelk-smoothie

Kraakvars plaatskons op sy beste!

Ontbytvlokkie-en-kaasskons

JY KAN WEN

Daar’s verskillende maniere waarop jy jou dag reg kan begin. Ons wil weet hoe jy jou en jou gesin wakker en gereed vir die dag kry. Hoe kikker jy jou ontbyttafel op? Laai jou resep op www.shakeupyourwakeup.co.za en kry toegang tot ander Kellogg’s-aanhangers se resepte.

Tot November sal vier mense se lekker resepte met ’n geskenkbewys van R1 000 elk beloon word.

Lees meer oor Kellogg’s se Shake up your wake up-veldtog HIER.

SHakeUp-Digitorial1