kelloggs promo
Kosstories

Ontbytvlokkie-en-kaasskons

Daar is mos min dinge so lekker soos die vooruitsig van oggendtee met várs gebak. Of die vreugde van namiddagtee saam met vriende en die wete dat jy hulle kan bederf met iets uit jou oond.

Probeer gerus hierdie maklike ontbytvlokkie-en-kaasskons-ring vir jou volgende teepartytjie. Dit vra min bestanddele en nóg minder werk – ons reken die resep is so lekker dat jy dit sommer kan geniet selfs al hou jy nie ’n teepartytjie nie!

kelloggstag

kelloggs promo

Ontbytvlokkie-en-kaasskons-ring

Hierdie kaasskons bak jy in ’n koekpan en verf dan ’n geurige bottermengsel oor … heerlik!

genoeg vir 6-8

• 200 g (360 ml) koekmeel
• 17 ml bakpoeier
• knippie sout
• knippie rooipeper (cayenne pepper)
• 120 g (130 ml) botter, in blokkies gesny
• 130 g cheddar-kaas, gerasper
• 130 g Kellogg’s Corn Flakes
• 3 eiers
• 100 ml room

Bo-laag

• 100 g (110 ml) botter, gesmelt
• hand vol grasuie, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• knippie rooipeper (cayenne pepper)

Verhit oond tot 200 °C. Spuit ’n 18 cm-losboom-ringpan goed met kleefwerende kossproei.

Sif meel, bakpoeier, sout en rooipeper saam. Voeg botterblokkies by en vryf met vingerpunte in die meel in tot die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.

Voeg die kaas en Kellogg’s Corn Flakes by. Meng eiers en melk en voeg dit by droë bestanddele. Meng met ’n slaplemmes tot ’n deeg vorm.

Sprinkel meel op werkvlak en rol deeg uit tot sowat 3 cm dik. Druk skons uit deeg met koekiedrukker (3 cm in deursnee) en pak in koekpan. Bak vir sowat 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar.

Meng al die bestanddele vir die bo-laag en skep oor die skons sodra dit uit die oond kom. Sit warm voor.

JY KAN WEN

Daar’s verskillende maniere waarop jy jou dag reg kan begin. Ons wil weet hoe jy jou en jou gesin wakker en gereed vir die dag kry. Hoe kikker jy jou ontbyttafel op? Laai jou resep op www.shakeupyourwakeup.co.za en kry toegang tot ander Kellogg’s-aanhangers se resepte.

Tot November sal vier mense se lekker resepte met ’n geskenkbewys van R1 000 elk beloon word.

Lees meer oor Kellogg’s se Shake up your wake up-veldtog HIER.

SHakeUp-Digitorial1