Spaanse eier gebak
Kosstories

Ontbyt vir aandete

Eiers en spek is enige tyd van die dag lekker. Vir aandete is dit spotgoedkoop én is binne 15 minute gereed!

Die Engelse noem dit “Brinner – breakfast for dinner”. Wat  jy dit ookal noem, dit is maklik, vining en o, so lekker.

Oggend in en oggend uit eet ek maar my kartonboks-graanflokkies– nie omdat dit lekker is nie, maar eerder omdat dit al is wat die horlosie toelaat. Watter werkende persoon kry nog soggens ‘n ekstra paar minute om eiers vir ‘n omelet op te klits?

Tog is daar min dinge so lekker soos spek en eiers op vars, wit roosterbrood of plaatkoekies met die ilovo-stroopie wat stadig afdrup! So waarom nie in die aand hierdie lekkerte geniet wanneer jy tyd het om dit te maak nie?  Hier is jou inspirasie om hierdie week ontbyt-aandete te maak:

Liezl se onthou-dinge

Hier is die stap-vir-stap trúúks uit my kombuis om jou eiers vir aandete op te tof:

Posjeerde eiers

Liezl se resep

Hierdie oondbakkies het ‘n Spaans-Meksikanse flair. Jy kan dit ‘n bietjie meer skop gee deur rissie of paprika by jou tamatiemengsel te voeg.

Spaanse tamatie-en-eier-gebak

Spaanse eier gebak

Eier-tamatiegebak

  • 250 g tamatiesmoor
  • 100 g baba-tamaties, gehalveer
  • 15 g tiemie
  • 200 g ham, in blokkies gesny
  • 4 eiers
  • 50 g parmesaankaas, gerasper

genoeg vir 4

Verhit oond tot 120 °C. Meng tamatiesmoor, baba-tamaties, tiemie en ham in ’n bak. Vul 4 oondbestande bakkies halfpad met tamatiesmoor-mengsel. Breek een eier bo-op in elke bakkie. Bak in die oond tot eier gaar is en sprinkel vars parmesaan en swartpeper oor.

 

My gunsteling SARIE ontbyt-inspirasies

Hier is my top 5 keuses vir ontbyt-aandete uit die SARIE-argief

ontybt

 Pecorino-kaas op franse-roosterbrood  Bessie omelet-soufle Franse-omelet met aspersie en kasjoeneute  Spek-en-kaasbakkies  Eier-florentine

Met al hierdie inspirasie hoop ek jy probeer sommer vanaand nog om jou spek-en-eiers vir aandete op te tof!

Klits-en-Klets-kok

Liezl

Volg my ook nou hier en kook saam:Twitter: @KlitsenKletsKokFacebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok