Ontmoet vir Saartjie! Illustrasie Roelien Booysen

Kosstories

Het jy kosvrae vir Saartjie?

Sy is SARIE se nuwe virtuele raadgewer. Sy weet alles van kos, mode, skoonheid en dekor en sy gaan raad uitdeel waar dit nodig is. Hier by SARIE KOS staan sy reg om al jul kosvrae te antwoord – nou moet julle dit net stuur! Intussen hoor ons wat die SARIE-redaksielede kwel.

Carmen Botma, SARIE se bemarkingsassistent, vra: Hoe keer jy dat pasta aan mekaar vassit of te pap kook?

Saartjie se antwoord: Pasta moet al dente voorgesit word, wat letterlik “op die tande” beteken. Dit moet dus gekook word tot sag, maar steeds ferm as jy dit byt. Die geheim is om pasta nooit in te min water of ’n te klein pot te kook nie. Die water se volume moet sowat twee keer soveel wees soos die pasta en jy moet ook ’n bietjie sout byvoeg. Bring die water tot kookpunt en kook die pasta 10–12 minute – maar roer dit in die eerste 2 minute om te keer dat dit aan mekaar klou. Let wel, verskillende soorte pasta kan verskillende kooktye hê.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hanri Gerischer, SARIE se kunsdirekteur: Ek het iewers gelees dis nie altyd raadsaam om sjokolade in die mikrogolf te smelt nie. Wat is dan die beste manier?

Saartjie se antwoord: Kap die sjokolade eers fyn en gooi dit in ’n hittebestande bak. Bring water tot kookpunt in ’n kastrol en sit dan die bak met sjokolade bo-op, maar sorg dat die warm water nie aan die bak raak nie. Roer die smeltende sjokolade in die bak tot dit mooi glad is.

Het jy vrae? Laat Saartjie jou help! Los jou vraag in die kommentaarboksie onderaan hierdie storie of plaas jou vraag op SARIE se Facebookblad. Saartjie sal dit sien en jou antwoord.

  • Meri

    Hi Saartjie, welkom