FOTO Instagram @urbankitchenapothecary

FOTO Instagram @urbankitchenapothecary

Glutenvry

Op almal se lippe: Patat-toast

Die nuutste gier is om jou patat in die broodrooster (toaster) te plaas en dit as plaasvervanger vir brood te eet – dis maklik, vinnig én glutenvry! 

Al wat ’n foodie is, deel nou hul #sweetpotatotoast-foto op sosiale media. En dis so maklik soos om ’n sny patat in jou broodrooster te plaas totdat dit gaar is. Dit is nie so bros soos patat-skyfies nie, maar die kante raak lekker bros.

Jy benodig

• 1 patat, in dun skywe gesny
• 60 ml sagte roomkaas
• 50 g gerookte forel
• 1 avokado, in dun skywe
• sout en varsgemaalde swartpeper
• vars mikrokruie van jou keuse

Stel jou broodrooster op die hoogste temperatuur en plaas die skyf patat daarin. Ek moes met my broodrooster die patat 4 keer insit voor dit gaar was – jou rooster se element is dalk warmer.

Laat die patat effens afkoel sodra dit gaar is.

Smeer ’n laag roomkaas op die patat. Plaas avokado, ’n stukkie forel en mikrokruie bo-op. Geur met sout en peper.

Jy kan letterlik enige vulsel op die patat plaas!

Lees nou

Kan avokado’s vinniger ryp word in die oond?

Ons toets: Basislaag (primer) vir ’n rooi vel