sarie223
Kosstories

Neem deel aan SARIE sop-‘swap’

Sop-swap is ’n nuwe neiging wat in Amerika begin het en nou duisende vroue inspireer om sopresepte te kook, kreatief te verpak, en die resep sowel as die sop uit te ruil – amper soos ’n sop-boekklub!

Elke gas gaan huis toe met heerlike sop, ’n nuwe resep om mee te eksperimenteer én ’n nuwe houer!

Word deel van die sop-swap-klub (#sopswap) op SARIE se Facebookblad

Julle ken SARIE se smullekker sopresepte. Wel, nou gaan ons élke week ‘n gunsteling SARIE-sopresep met julle deel. Maar in ruil daarvoor, moet jy jóú top sopresep ook op Facebook deel. Plak ‘n foto op ons muur as jy ook ‘n plan het met die verpakking / stilering daarvan! En dié van julle wat só geïnspireerd was om ‘n sop-swap-partytjie te hou, stuur foto’s!

Lus vir ‘n sop-swap-partytjie!

Jy benodig 3 belangrike elemente:

1.    Genoeg sop vir elke gas
2.    Die resep vir jou sop
3.    ‘n Slim / kreatiewe houer vir die individuele sopporsies

Beplan die perfekte sop-swap:

  • Gee almal wat genooi is minstens twee naweke kans om hul sop voor te berei.
  • Nooi soveel mense as wat jy kan.
  • Laat weet gaste vir hoeveel mense hulle sop moet bring.
  • Motiveer gaste om kreatief te wees met hul houers en om die resep saam met die sop te verpak.
  • Doen ook sommer terselfdertyd liefdadigheidswerk deur jou gaste te vra om sop saam te bring wat die volgende dag na die plaaslike sopkombuis geneem kan word.
  • Elkeen kry ‘n kans om sy/haar sop aan almal bekend te stel.
  • Trek name uit ’n hoed of gebruik ‘n ander oulike manier om te besluit wie watter sop kan huis toe neem.
  • Christie-Anne Wolmarans

    Ek dink dit is MEER as ‘n briljante idee en sien uit na die lekker resepte en teruvoer en fodies, kani WAG nie! Niemand se sop proe ooit dieselfde nie, al het mense dieselfde resep!

  • Riekie Nel

    Hi, ek deel graag die sop resep. Dis eintlik ‘n baie gesonde lae vet sop, maar nie waterig nie.

    Hier by ons in Abu Dhabi kry mens by die Carefour supermark sulke gevriesde gepureede broccoli, seldery, wortel en spinasie bolle. (omtrent so 2eetlepels elk as ek moet skat). Wat ek doen vir die basis is is:
    Los ‘n bief of hoenderblokkie op in sowat ‘n kwart koppie water en gooi dit in ‘n kastrol en bring tot kookpunt.
    Dan sit ek so 4 of 5 van elk van die bolle in die kastrol en laat dit net ontdooi en begin prut, dit is reeds gaar.
    Laaste maak ek ‘n knoffelhuisie baie fyn en voeg dit by, dit gee lekker smaak, maar is opsioneel.
    Mens kan die sop geur met wat jy ookal wil, van maalvleis tot ham, As ek dalk oorskiet vleis in die yskas het gebruik ek dit graag in die sop. Dit is ‘n heerlike sop, en soos ek se is dit nie waterig nie.
    Die groentebolle is 90% groente en 10% botter en room (verdikmiddel). Die kj inhoud is baie laag, so vir ons is dit ‘n heerlike laevet ligte maaltyd of ek maak dit vir voorgereg as ons vriende oornooi. Hulle hou ook baie daarvan.
    Ek weet nie of Woolies dalk iets soortgelyk het nie, sal bietjie rondkyk as ek weer in SA is.

  • Dalene Mclean

    Dis ‘n goeie idee – weet net nie so mooi van die verpakking nie. Ek’s mal oor sop, so ‘n paar nuwe resepte al handig te pas kom. Lekker smul. Ek sal my gunsteling resep vir julle aanstuur.

  • Yolanda Visagie

    Hierdie sopresep van my ma Christina het ek so effens aangepas. Ek vat 2 rape, 2 radyse, 2 wortels, paar seldery stingels, sprietuie, vars pietersielie (soms te koop by supermarkte, reeds so verpak) – alles sommer lekker grof gekap. Dan voeg ek by: 2 geblansjeerde tamaties, 2 knoffel wiggies, klein pakkie kookvleis en 1/3 pakkie sopmengsel (gort, lensies, koring en ‘split peas’). Stoom in ‘n med. grootte stoompot vir 1/2 uur oor matige hitte. Sodra die stoompot afgekoel het, maak ek dit oop en stamp die groente fyn en verwyder bene. Voeg 2 pakkies bruinuiesop en witpeper na smaak by. Kook nog 15 min. oor med.hitte en roer paar keer deur. Met opdiening gooi ek ‘n krulletjie vars room oor vir garnering. Bedien met varsgebraaide vetkoeke. Die sop vries baie goed!