Video 8 - 547 Asian brown rice salad with poached chicken Anna Carolina Alberts
Kosstories

RESEP: Asiatiese-styl bruinrys-slaai met geposjeerde hoender

Inspirasiekos van Spekko Rice

Spekko is die trotse borg van Inspirasiekos met SARIE op VIA (DStv-kanaal 147) dié seisoen. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

Spekko_Promosie Tag

Asiatiese-styl bruinrys-slaai met geposjeerde hoender

genoeg vir 2

2 hoenderborsies
Posjeer-vloeistof (dit raak later die slaaisous)
1 blikkie (410 g) klappermelk
30 ml vissous
1 stingel sitroengras, gekneus
5 cm vars gemmer, gesny
2 knoffelhuisies, gekap
2 repies lemmetjieskil en die sap van 1 lemmetjie
10 ml hoenderaftreksel-poeier
Vir die slaai
2 koppies gaar Spekko Saman-bruinrys
½ komkommer, skaafsels
2 wortels, skaafsels
4 sprietuie, gesny
250 ml spruite
1 vars brandrissie, gesny
hand vol koljanderblare
hand vol mentblare
125 ml geroosterde grondboontjies
sap van 1 vars lemmetjie

Verhit al die bestanddele vir die vloeistof saam totdat dit prut. Voeg die hoender by.

Sit deksel op en laat kook vir 10 – 15 minute.

Haal van hitte af en laat die hoender vir 1 uur in die vloeistof afkoel.

Sny die hoender in repies en meng met die res van die slaaibestanddele, buiten die lemmetjiesap.

Gooi die afgekoelde vloeistof as slaaisous oor en bedrup met lemmetjiesap.

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-B

Kyk hoe maak Anna Carolina Alberts die gereg vir Spekko

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko op Facebook of @SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.