Japanese oester-rys
Kosstories

RESEP: Japanse oester-rys

Inspirasiekos van Spekko Rice

Spekko is die trotse borg van Inspirasiekos met SARIE op Via (DSTV 147) dié seisoen. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

Japanse oester-rys

Moeg vir oesters uit die skulp? Probeer Spekko se Japanse oester-rys.

genoeg vir 3 – 4

• 45 ml (3 eetlepels) sojasous
• 45 ml ( 3 eetlepels) sake (Japanse ryswyn)
• 30 ml (2 eetlepels) mirin (soort Japanse ryswyn met minder alkohol en meer suiker as sake)
• 3 cm-stuk vars gemmer, dungesnyde stukkies
• 875 ml (3 ½ koppies) dashi- of groente-aftreksel
• 2 koppies Spekko Royal Umbrella Jasmine Rice
• 12 – 18 vars oesters, uit die skulp
• 4 preie, in dun repies gesny
• 8 wit sampioene, fyngesny
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• grasuie en pietersielie vir garnering

Verhit die sojasous, sake, mirin, gemmer en dashi.

Posjeer die oesters in die vloeistof vir sowat 5 minute. Skep uit en hou eenkant.

Verwyder die gemmer en meet die aftreksel. Voeg genoeg water by om 1 liter te maak.

Roer die rys by en kook stadig vir 15 minute.

Voeg die preie, sampioene en oesters by. Stoom vir 5 minute.

Roer die suurlemoenskil, grasuie en pietersielie by en sit voor.

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-A

 

Kyk hoe maak Anna Carolina Alberts die gereg vir Spekko

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko op Facebook of @SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.