Kosstories

Roer! – Amy se kerrie-beesstert

Amy Kleinhans-Curd en Tammy-Anne

Bestanddele

1,5 kg beesstert
30 ml kerriepoeier
4 naeltjies
15 ml jeera
15 ml birsharp
15 ml codomen

4 peperkorrels
1 lourierblaar
2 teelepels vars gemmer, gerasper

250 – 500 ml vleisaftreksel
1 klein ui, gensy
1 wortel, gesny
2 blikke ingelegde tamaties, in blokke gesny
botter in blokkies gesny
30 ml koekmeel

Amy Se Kerrie Beesstert

Metode:

Sny die beesstert in stukke en was deeglik. Sit die vleis in ‘n pan en voeg al die speserye en kokende water by. Prut vir 3 tot 4 ure, voeg nog aftreksel by indien nodig. Na 2 ure kan jy die sout, peper, ui, wortel en tamaties byvoeg. Verwyder die speserye en haal soveel moontlik van die vet af. Smelt die botter in ‘n pan, voeg die meel by en braai tot bruin. Voeg nou die meelmengsel by die vleis en sous en roer tot die sous dikker word. Prut vir 15 minute. Bedien met rys, aartappels en vars koljander.

Kyk die Roer! episode hier