Kosstories

Roer! – Amy se sjokolade-en-appelpoeding

Amy Kleinhans-Curd en Tammy-Anne

Bestanddele

  • 250 g botter, in blokkies
  • 250 g donkersjokolade, in stukke gebreek
  • 175 ml suiker
  • 5 ml vanielje-ekstrak
  • 7 eiers
  • knypie sout
  • 50 g meel, gesif
  • 1 blik (425 g) baba-appels met stele aan
  • versiersuiker

Amy Se Sjokolade-en Appelpoeding

Metode:

1. Verhit die oond tot 160 °C. Smeer en meel 12 individuele cupcake tins met ‘n volume van 125 ml elk.
2. Verhit versigtig die botter en sjokolade saam tot net gesmelt. Verwyder van hitte en roer tot glad.
3. Voeg die suiker, vanielje, eiers en sout by en meng tot glad. Voeg die meel by en meng vinnig tot net gemeng.
4. Gooi beslag in pannetjies, maak halfpad vol. Plaas 2 tot 3 baba-appels met die steeltjies na bo in elke pannetjie.
5. Bak die poedings vir 20 – 25 minute tot die kante gaar is, maar die middel kan nog klam en ‘n bietjie ingesink wees. Strooi versiersuiker oor en sit onmiddellik voor sodat die middel nog loperig is.

Kyk die Roer! episode hier