Kosstories

Roer! – Brigitte Willers en Loui Fish se flambée Portuguese garnale

Tammy, Brigette en Loui

Bestanddele

  • 6 x koninggarnale
  • sout, swartpeper en visspeserye
  • 25 ml tequila
  • ½ koppie suurlemoenbottersous
  • ¼ koppie prego-brandrissie-sous
  • 50 ml witwyn
  • 5 g pietersielie en koljander, gekap
  • 10 g knoffel, gekap
  • 1 suurlemoenwiggie

Flambéed Portuguese garnale


Metode:

1. Geur garnale met sout, swartpeper en visspeserye.
2. In ‘n medium pan, braai die garnale in ‘n bietjie olie tot amper gaar.
3. Voeg die tequila by en flambée.
4. Voeg die suurlemoenbotter, prego-sous, witwyn, kruie en knoffel by en maak die garnale klaar gaar.
5. Bedien op ‘n bed van rys saam met die suurlemoenwiggie.