Kosstories

Roer! – Corine du Toit se bessie-mousse

Corine Se Bessie Mousse

Bestanddele

  • 1 koppie vanilla-jogurt
  • 1 koppie suurroom
  • 3 teelepels gelatien
  • 4 eierwitte (styfgeklits)
  • 2 koppies vars aarbeie en bloubessies (fyngemaak)
  • versiersuiker na smaak
  • aarbeie, om voor te sit

Metode:

1. Meng die jogurt en suurroom saam en voeg die opgeloste gelatien by.
2. Vou die stywe eierwitte in die mengsel.
3. Halveer die mengsel, voeg die bessies by die een helfte en voeg ‘n bietjie versiersuiker by as jy dit soeter wil he.
4. Verdeel die bessiemengsel tussen 4 glase en gooi die bessielose mengsel bo op.
5. Plaas in yskas om te stol.
6. Om voor te sit, maak nog ‘n paar aarbeie fyn met versiersuiker vir ‘n strooplagie bo-op.

Kyk die Roer!-episode hier