Kosstories

Roer! – Deon Meyer se karamelpoeding

Karamelpoeding
(8 porsies)

En moenie by die resep hou vir die hoeveelheid karamellekkers nie, oordoen dit gerus heeltemal as  jy so baie soos ek van soetgoed hou.

Kors
150 g Tennisbeskuitjies
125 ml botter

Vulsel
1 liter melk
3 eiers
175 ml suiker
125 ml koekmeelblom
45 ml mielieblom
2.5 ml sout
1 blik karamelkondensmelk
250 ml room
5 blokke karamellekkers, grof gerasper

Metode:

  1. Rol die beskuitjies in ‘n plastieksakkie met ‘n koekroller tot fyn. Smelt die botter en meng dit met die krummels. Druk die beskuitjiemengsel op die boom en teen die rand van ‘n tertbak met ‘n volume van 2 liter vas. Bêre in die yskas terwyl jy die vulsel maak.
  2. Verhit 750ml van die melk in ‘n swaarboomkastrol tot kookpunt. Skei intussen die eiers. Klits die eiergele en die res van die melk.
  3. Meng die suiker, meelblom, mielieblom en sout hierby in tot heelltmal glad en sonder klontjies. Gebruik ‘n draadklitser en roer die melk-en-eiermengsel by die kokende melk.
  4. Klits die eierwitte tot styf en vou dit met ‘n groot metaallepel by die warm vlamengsel in.
  5. Gooi die vulsel in die kors en laat heeltemal afkoel.
  6. Klits die karamelkondensmelk tot glad. Klits die room tot styf en vou die helfte van die karamelkondensmelk by die room. Smeer eers die ander helfte van die karamelkondensmelk oor die afgekoelde vulsel en dan die room.
  7. Strooi die gerasperde karamellekkers oor. Verkoel in die yskas.

Besoek Roer!-webtuiste

  • zbjpjt

    WzCeLz ladmztcwyvrv, [url=http://jbvoyczarzhr.com/]jbvoyczarzhr[/url], [link=http://exdnauxhsqwk.com/]exdnauxhsqwk[/link], http://anlgzexjvbic.com/