Kosstories

Roer! – Diaan Lawrenson en Jody Abrahams se rissie-piesang

Tammy, Jody & Diaan

Bestanddele

  • 1 vars piesang
  • suurlemoensap
  • 2 eetlepels bruinsuiker
  • ‘n halwe teelepel gedroogde rissievlokkies

Diaan Lawrenson en Jody Abrahams se rissie piesang

Metode:

1. Skil die piesang, sny dit in die helfte en druk suurlemoensap oor.
2. Meng suiker en rissie, rol die piesang in die mengsel en bedek goed.
3. Braai dit in ‘n warm pan met min olie totdat die suiker bruin is. (Maak seker dat die piesang nie pap word nie.)

Balsamiese glaze

  • Halwe koppie balsemasyn, afgekook tot ‘n dik stroop.
  • Voeg teelepel heuning by wanneer afgekook.

Sit piesang voor met vanielje-roomys en sprinkel balsamiese glaze oor.

Kyk die Roer! episode hier