Kosstories

Roer! – Elizma se groentetoring

Elizma & Tammy

Bestanddele

  • aartappels
  • geroomde spinasie
  • skorsie (in soutwater gekook, vleis uitgeskep en fyngeroer met ‘n bietjie botter)
  • vars roosmaryn
  • roket-en-basiliekruid-pesto

Groentetoring

Metode

1. Kook aartappels soos vir kapokaartappels met sout, swartpeper en botter.
2. Sit ‘n takkie vars roosmaryn in die water en verwyder weer as aartappels gaar is. Gee lekker geur.
3. Maak fyn en roer nog Aromat in as nodig.
4. Roer 1 teelepel roket-en-basiliekruid-pesto in. As nog nie genoeg geur, kan meer ingeroer word. (Moenie loperig wees nie).

Om stapels te maak

(Gebruik ‘n klein silindervorm – albei kante oop)

1. Skep eerste aartappel (2 derdes van vorm), dan spinasie en bo-op skorsie. Trek vorm af.
2. Sit ‘n paar grasuie op stapel neer vir versiering. Bedien met schnitzel en sous. Drup soet brandrissie-sous op bord se rand, al in die rondte, vir die mooi.

Kyk die Roer! episode hier