Kosstories

Roer! – Fredi Nest se gerookte chorizo

Ferdi Nest en Tammy - Anne

Bestanddele

  • 1 eetlepel olie
  • 3 soetrissies (rooi, geel en oranje), in ringe gesny
  • 200 g chorizo, in skywe gesny
  • ¼ teelepel gerookte paprika
  • 2 eetlepels sjerrie-asyn

Gerookte chorizo

Metode

1. Verhit olie in ‘n groot braaipan. Voeg rissies, chorizo en paprika by.
2. Geur met growwe swartpeper en kook oor medium-hitte vir 10 – 15 minute totdat rissies sag is en begin karamelliseer.
3. Voeg asyn by en kook vir 2 – 3 minute totdat dit verdamp het.

Kyk die Roer!-episode hier