Kosstories

Roer! – Frans van Rooy se vis met rys

Frans, Marga & Tammy

Bestanddele

  • heel jong stokvisfilette, gehalveer
  • ’n goeie sprinkeling viskruie
  • suurlemoensap
  • 2 takkies vars gesnipperde vinkel
  • ½ koppie koekmeel
  • 1 eier
  • 1 koppie melk
  • ’n bietjie sout

Frans van Rooy se vis met rys

Metode

1. Die filette word besprinkel met die suurlemoensap en viskruie terwyl die beslag aangemaak word.
2. Die beslag moet loperig wees sodat dit net ’n seëllaag om die vis vorm en nie ’n deeglaag nie.
3. Die gesnipperde vinkel gaan saam met al die ander bestanddele in die beslag. Die olie vir bak word verhit op ’n lekker warm plaat.
4. Voor die vis gebak word, word die hitte na middelmatig verlaag.
5. Die vis word in die bakproses een keer omgedraai. Totale baktyd aan elke kant is omtrent 7 minute.

Sit voor met rys wat saam met ’n groterige takkie ysterkruid (suurlemoen-verbena) gestoom is.

Kyk die Roer! episode hier