Kosstories

Roer! – Gert van de Merwe se dim sum

Bestanddele

Deeg

  • 250 g meelblom
  • 2 koppies warm water
  • 1 koppie koue water


Vulsel

  • 200 g varsgemaalde varkvleis
  • 200 g garnale, gestoom en in blokkies gesny
  • 4 vars shiitake-sampioene
  • 50 g vars bamboes-lote (bamboo shoots)
  • gerookte Maldon-sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 15 ml Maizena (mielieblom)
  • 1 groot eier
  • 5 ml sesamolie
  • 4 cm-stukkie sitroengras (lemon grass), baie fyn gekap

Dim Sum


Metode

1. Om die deeg te meng gebruik Gert ‘n wit marmer-oppervlak wat donker are het, want hy het uitgewerk wanneer hy die deeg later uitrol totdat hy die are deur die deeg kan sien, is dit die regte digtheid sodat dit nie in kluitjies verander wanneer dit gestoom word nie.
2. Gooi die meel op ‘n hopie en maak ‘n krater in die middel.
3. Begin die warm en koue water geleidelik met jou vingers inwerk totdat jy ‘n deeg het en knie vir so 15 minute om seker te maak jy het ‘n goed gebinde massa.
4. Plaas die deeg in kleefpapier en sit op ‘n koel plek om te rus terwyl jy die vulsel aanmekaar slaan.
5. Gooi al die bestanddele in ‘n mengbak en werk dit met jou hande deur totdat jy ‘n perfekte mengsel het. Laat dit dan in die yskas rus vir sowat twee uur.
6. Rol nou die deeg uit totdat dit so dun soos ryspapier is (of hou die are op jou marmerblad dop!). Sny die deeg in 10 x 10 cm-stukkies.
7. Plaas ‘n teelepel vulsel in die middel van elkeen en knyp die vier hoekies bo bymekaar soos ‘n tertjie.

Gert sê hy pak gewoonlik eers ‘n laag spinasieblare in sy bamboes-stomer en dan die dim sum bo-op, anders sit die deeg vas aan die bamboes wanneer jy hulle wil uithaal.

Stoom vir sowat 6 minute en sit dadelik voor met sojasous in ‘n bakkie om te doop.

Kyk die Roer! episode hier