Kosstories

Roer! – Heinz en Aletté Winckler se aarbei-en-gemmerkaaskoek

Heinz en Alette

Bestanddele

  • 250 g aarbeie
  • 250 g gladde roomkaas
  • 2 eetlepels suiker
  • 10 g-sakkie gelatien, opgelos in 2 eetlepels kookwater
  • gemmerkoekies
  • pistasieneute, grofgekap

Heinz En Aletté Se Aarbei- En Gemmerkaaskoek

Metode

1. Voer 4 x 150 ml ramekins met kleefplastiek uit. Maak 250 g aarbeie fyn (hou so 4 uit) tot ‘n puree.
2. Meng met roomkaas, suiker en gelatien. (Los gelatien op in 2 eetlepels kokende water. Roer tot heeltemal glad.)
3. Sny die oorblywende aarbeie op en pak onderin die ramekins. Skep roomkaas-mengsel oor en sit ‘n gemmerkoekie bo-op.
4. Verkoel vir 30 minute. Draai om op ‘n bord en verwyder die kleefplastiek. Sprinkel 1 eetlepel pistasieneute bo-oor en sit voor.

Kyk die Roer!-episode hier