Kosstories

Roer! – Henré Pretorius se Lam Abruzzi

Henré Se Lam Abruzzi

Bedien 6

Bestanddele:

3 eetlepels fyngekapte spek
3 knoffelhuisies fyngemaak
1 eetlepel fyngekapte roosmaryn
2 eetlepels fyngekapte pietersielie
Vars, gemaalde swartpeper na smaak
1,5-2kg lamsbeen, oortollige vet afgesny
30ml (2 eetlepels) olyfolie
125ml (½ koppie) balsamiese asyn / rooiwyn asyn.
1 teelepel sout
2 eetlepels vars gerasperde parmesaan kaas
3 eetlepels broodkrummels
2 eetlepels sagte botter

Metode:

1. Meng die spek, knoffel, roosmaryn, pietersielie en ‘n bietjie swartpeper in ‘n klein bak.
2. Sny 12 of meer gleuwe in die vleis en sit die vulsel in die gleuwe deur gebruik te maak van die agterkant van ‘n teelepel.
3. Plaas die olyf olie in ‘n oond braaipan en sit dit in die voorverhitte oond op 190°C. Wanneer die olie warm is, voeg die lam by, bedek met die warm olie sodat dit ‘n seel lagie vorm.
4. Maal ‘n bietjie swart peper oor die lam en bak die vleis vir 45 minute, bedruip die vleis gereeld met die sous.
5. Gooi de balsamiese asyn oor, besprinkel met sout en plaas dit terug in die oond vir ‘n verdere 15 minute. Meng die parmesaan kaas, broodkrummels en botter. Versprei dit bo-oor die lam en plaas dit terug in die oond vir 15 minute.
6. Haal uit die oond en laat die lam staan teen kamer temperatuur en bedek die lam liggies met foelie vir 15 minute voor dit gesny word. (Dit veroorsaak ‘n vogtige, pienkerige gebraaide lamsboud, maar as ‘n donkerder kleur verkies word plaas vir ‘n ekstra 10 – 15 minute terug.)
7. Verplaas die lam op ‘n kerfbord. Draai die braaipan skuins, skep die vet af en verhit die sous oor ‘n middelmatige hitte vir ‘n minuut of twee totdat dit kook.
8. Sny die lam in dun repies, plaas dit op ‘n bord en gooi die sous in die pan daaroor.
Bedien dadelik.

Kyk Roer! episode hier