Kosstories

Roer! – Jacques de Coning se lasagne-potjie

 Jacques de Coning en Tammy

Bestanddele

  • 1 kg maalvleis
  • 1 pakkie spek
  • uie na smaak

Sous

  • ‘n blik heel tamaties
  • 1 blik tamatiepuree
  • 1 klein blikkie tamatiepasta
  • ‘n bietjie sjerrie
  • origanum, sout, swartpeper en baie knoffel
  • voeg baie suiker en konfyt by
  • sampioene (opsioneel)

Lasagne potjie

Metode

1. Braai die spek en uie tot bruin en voeg maalvleis by. Laat prut vir ‘n halfuur.
2. As die halfuur verby is, voeg sous-bestanddele by.
3. Voeg 1 pakkie pasta by en laat prut vir 45 minute (enige pasta kan gebruik word, maar ek verkies skulpiepasta). Jy kan ook sampioene byvoeg vir geur.
4. Wanneer die pasta gekook het, gooi kaassous oor en moenie verder kook nie.

Kyk die Roer! episode hier