Kosstories

Roer! – Jana Nortier se cornflakes-tert

  Jana, Cindy & Tammy

Bestanddele

  • 1 boks cornflakes
  • suiker
  • kaneel
  • margarien
  • 1 boksie vlapoeier
  • 3 eiers
  • 1 liter volroommelk

Cornflakes tert

Metode
1. Maak 3 koppies cornflakes fyn met so 3 teelepels suiker en so twee teelepels kaneel.
2. Maak 3 eetlepels margarien warm in mikrogolfoond en meng met die cornflakes-mengsel.
3. Dis die kors van jou tert. Druk dit onderin jou tertbak.
4. Maak dik vla. Vir ‘n liter melk, so 10 eetlepels vlapoeier en 5 eetlepels suiker. Breek 3 eiers, skei en meng die eiergele by die vla in. Dit word oor die kors in die tertbak gegooi.
5. Die eierwitte word met ‘n eetlepel suiker styfgeklits (tot dit punte maak) en bo-op die tert geskep.
6. Sorg dat die oond vooraf verhit word tot by 180 ºC. Die tert bak 10 tot 15 minute tot dit ligbruin bo-op is.

Kyk die Roer!-episode hier