Kosstories

Roer! – Jay se suikerbakkie

Tammy-Anne en Jay

Bestanddele
 6 porsies

  • 450 g suiker
  • 200 g lemoengeur donker sjokolade, gesmelt
  • ¾ koppie room, verhit
  • frambose (raspberries), aarbeie, kersies of sweet melon, gesny
  • 1 teelepel lemoenbloeiselwater (orange flower water)

Jay Se Suikerbakkie

Metode:

1. Smelt die suiker in ‘n pan oor lae hitte. Roer aanhoudend totdat die suiker opgelos het en ‘n goue karamelkleur het. Werk vinnig en versigtig: Gooi van die suikermengsel in die bodem van ‘n silikoon-muffinvorm. Bedek die basis en kante deur die agterkant van ‘n lepel te gebruik. Herhaal vir 6 bakkies.
2. Laat dit staan vir so 15 minute. Druk dit uit en hou in ‘n toe houer.
3. Om te bedien, meng die gesmelte sjokolade en room saam. Pak van die vrugte in die suikerbakkies en besprinkel met lemoenbloeiselwater. Skep laaste die sjokolademengsel bo-oor. (Vir variasie kan jy ook gekapte neute by die gesmelte suiker voeg.)

Kyk die Roer! episode hier