Kosstories

Roer! – Jeremy se varkrib en -lies

Jeremy Mansfield en Tammy

Bestanddele

  • aartappels
  • 1 varkribstuk met lies (vel moet aan wees)
  • tamatie-en-brandrissie-konfyt

Varklies en rib

Metode

1. Was aartappels en sny in 1 cm-stukke.

2. Plaas in ‘n bak, gooi kokende water oor en laat staan vir 10 minute.

3. Verhit oond tot 220 °C. Pak die aartappels in ‘n bak, bedruip met olyfolie en bak in die oond vir 20 minute.
4. Sit die varkribstuk in ‘n oondbak en besprinkel met sout en swartpeper.
5. Bak in die oond vir 30 minute – totdat die hele vel ge-crackle het.
6. Neem ‘n skerp mes en verwyder die vel (crackling). Die vleis is op hierdie stadium nog nie gaar nie.
7, Smeer die varkribbetjie met die tamatie-en-brandrissie-konfyt,  sit dit bo-op die aartappels en plaas terug in die oond vir nog 30 – 40 minute teen 180 °C  tot gaar.