Kosstories

Roer! – Johan en Nico se zabaglione

6 porsies

Nico, Johan & Tammy

Bestanddele

  • 6 eiergele
  • 1/3 k suiker
  • 1 teelepel suurlemoenskil, gerasper
  • fyn kaneel
  • vanielje-ekstrak
  • 3/4 k Marsala-wyn
  • 1 ½ k dik room (heavy cream), geklits

Zabaglione

Metode

1. Sit die eiergele en suiker in ‘n groot vlekvryestaalbak.
2. Voeg die suurlemoenskil, kaneel en ‘n druppel vanielje-ekstrak by die eiergeel-mengsel. Gooi die Marsala-wyn by. Jy kan vermouth gebruik as jy nie Marsala het nie.
3. Maak ‘n pot halfvol water, laat die water prut en draai die hitte af na laag. Sit die bak met die mengsel bo-op die pot met water (die bodem van die bak met die mengsel moenie aan die water in die pot raak nie).
4. Klits die mengsel, en maak seker dat die water nie begin kook nie.
5. Hou aan klits vir sowat 10 minute totdta die mengsel baie groter van volume is en witterig raak. Haal van die water af en hou aan met klop sodat die mengsel nie vassit aan die houer nie.
6. Sit voor terwyl dit nog warm is, of as jy dit koud wil voorsit moet jy dit laat staan vir 15 minute. Vou die room liggies in die mengsel in net voor jy dit voorsit.

Kyk die Roer! episode hier