Kosstories

Roer! – Johan Rademeyer en Nico Nel se vleis en marinade

Nico, Johan & Tammy

Bestanddele

  • ‘n Lamsblad
  • ‘n Bottel Swartland Indalo-rooiwyn
  • ‘n Koppie olyfolie
  • 4 of 5 knoffelhuisies
  • 1 ui
  • pesto (koop gerus aan of maak in die versapper: dennepitte, basiliekruid en olyfolie is die vernaamste bestandele)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • jogurt of room en sampioene (opsioneel)

    Wenk: Vra die slagter vir ontbeende Karoo-lamsblad (dalk van Mannetjies Roux se plaas af!)

Johan Rademeyer en Nico Nel se vleis en marinade

Metode

1. Vryf die lamsblad met olyfolie en voeg sout en gemaalde swartpeper na smaak by. Plaas in oondbak met marinade.

Marinade:

1. Marineer ten minste 2 uur lank in ‘n koppie olyfolie en ‘n bottel Indalo-rooiwyn van Swartland (shiraz se peperigheid werk goed, of die groot vleisaanvuller – cabernet sauvingnon)
2. Sit ook 4 of 5 gekapte knoffelhuisies en ‘n grofgekapte ui in die oondbak saam met die marinade.
3. Sny die blad met ‘n skerp mes in 25 mm-stroke en rol in wielietjies op met 3 rolle per sosatiestokkie.
4. Bestryk liggies met pesto (opsioneel, maar werk lekker met pasta).
5. Plaas die foelie-bedekte oondbak oornag in die oond teen 90ºC. Vleis is dan heerlik sag, maar nog nie heeltemal gaar nie.
6. Verwyder foelie en bak oop in die oond teen 160ºC vir ‘n halfuur en dan vir nog sowat ‘n halfuur teen 180ºC. (Pasop vir die uie wat kan aanbrand; verwyder eerder ná die oornagsessie en voeg voor opdiening weer by.)
7. In die laaste fase kan ‘n pakkie gesnyde sampioene bygevoeg word en net voor opdiening kan ‘n koppie room of Bulgaarse jogurt deurgeroer word en effens verhit word.

Kyk die Roer! episode hier