Kosstories

Roer! – Marga van Rooy se spinasieslaai

Frans, Marga & Tammy

Bestanddele

  • klein vars spinasieblare, van die stele gestroop
  • die helfte soveel roketblare as spinasieblare
  • 4 of 5 kappertjieblare
  • ’n hand vol grasuie
  • ’n paar basiliekruidblare
  • ’n klein ui, fyngekap (indien verkies)
  • ’n groot, ferm peer (verkieslik Bon Chretien)
  • 1 koppie kersietamaties, gehalveer

Sous

Skud saam na smaak: balsemasyn, druiwepit-olie of sojaboonolie, turksvystroop of heuning, ’n teelepel aangemaakte mosterd.

Marga se spinasieslaai

Metode

1. Sny al die groen bestanddele baie fyn saam.
2. Die peer word in klein blokkies gesny.
3. Voeg fyngekapte ui by indien verkies.
4. Die sous kan voor die tyd oorgegooi word en die slaai is die tweede dag nog lekker vars.