Kosstories

Roer! – Nádine se Tacos de Pollo

Nadine & Tammy

Bestanddele

  • ½ koppie hoenderfilet, in repies gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyn gesny
  • 1 klein ui, gesny
  • 1 klein tamatie, gesny
  • 2 eetlepels olie
  • sout en peper
  • 12 tortillas, gestoom of gebraai
  • 1 koppie geskeurde La VacaRica, of mozzarella-kaas
  • vars blaarslaai, salsa en suur room, om mee voor te sit

Tacos de Pollo

Metode

1. Braai die knoffel, ui, hoender en tamatie in olie tot gaar.
2. Voeg sout en peper na smaak by.
3. Vul die tacos met die hoendermengsel.
4. Sprinkel kaas oor en garneer met die blaarslaai, salsa en room.

Kyk die Roer!-episode hier