Kosstories

Roer!-resepte nou op sarie.com

Nóú kan jy van jou gunsteling-celebs se Roer!-resepte op sarie.com kry.

Daar’s resepte soos Steve se varkfilet, Heinz Winckler se aarbei-en-spinasie-slaai, Jay (van Eden) se risotto, Amy Kleinhans-Curd se sjokolade-en-appelpoeding, Kobus Wiese se kerriehoender en Corine du Toit se salm met wasabi-roomsous.

Lekker kook!

Klik hier vir Roer!-resepte

  • nEbFaS dvpcqrnqucyc, [url=http://pngocmmqkfud.com/]pngocmmqkfud[/url], [link=http://iwvpfzoewluu.com/]iwvpfzoewluu[/link], http://qkgxkolgfoqv.com/

  • corna

    sonja herold het ‘n frommel poeding gemaak ek is dringend op soek na dit waar kry ek asb daardie resep

  • Jessica

    Waar kan ek die kookboeke van Roer kry? Ek soek oorals op die web maar ek kry vlippen niks

  • Christa Lombard

    Hi, ek wil asseblief baie graag Deon Opperman se resep van Wilna Snyman – die Hoender met Brocoli in die hande kry. Dit was op 26 Mei 2010.

    Roer! is fantasties!

  • Brenda Saaiman

    Ek sal graag Deon Opperman se resep wil he die Hoender met Brocoli asseblief.

  • Jack

    Deon Se Broccoli Hoender

    Wilna Snyman se Broccoli hoender

    Bestanddele:
    3 of 4 hoenderborsies
    2 tot 3 k broccoli
    1 blik sampioensop
    1 k mayonnaise
    1 teelepel mild kerriepoeier
    2 eetlepels suurlemoensap
    1 knypie sout

    Metode:
    1. Kook die hoender. Ontbeen en skeur/sny dit as dit gaar is.
    2. ‘Parboil’ die broccoli en meng met die hoender.
    3. Meng die sampioensop, mayonnaise, kerrie, suurlemoensap en sout saam.
    4. Gooi die mengsel oor die broccoli/hoender en meng goed deur.
    5. Sit dit alles in ‘n oondbak.

    Kors:

    Bestanddele:
    1 k broodkrummels
    1 k gerasperde kaas
    1 eetlepel margarine

    Metode:
    1. Knie alles saam in ‘n deeg en skeur dan die deeg oor die hoender sodat dit ‘n kors vorm.
    2. Bak teen 180°C tot die kors goudbruin is en die broccoli/hoender borrel.
    3. Bedien saam met rys en slaai.

  • Ti02g0 xzgooilcvejz, [url=http://agbxarltcndz.com/]agbxarltcndz[/url], [link=http://gvppgcmwrgda.com/]gvppgcmwrgda[/link], http://xfhnhooajmuv.com/

  • Anina Vermeulen

    Help asb., die Roer webblad is nie updated nie, waar kry ek 2010 se resepte? Ek is op soek na Lika se seekos pasta resep, Oktober 2010 uitgesaai op tv.
    Roer is awesome program, wens net die website was "live"!

  • Desiree

    Goeiedag
    Ek is op soek na die resep van die Hoender Pootjie, wat op die 3 weke terug se program gemaak is, deur die een Idols wenner.
    Dankie!

  • Lynn Coetzee

    Eks op soek na n lekker gebakte murgpampoen resep

  • HELEN KING

    hello da hoop iemand sal kan help ek is opsoek na n konfyt tertjie resep soos toe my mama dit gemaak het nie met die moderne skilferkors deegie wat ek by pick n pay kan koop nie ma een wat jy self kan aan maak en n bietjie room kan by voeg om hom nog lekkerder te maak smelt in die mond smaak kan gee. HOOP IEMAND DAAR BUITEKANT SAL KAN HELP!!!!!!!!!!!

  • Gerda Prinsloo

    ek is op soek na n patat resep wat in die oond gebak word met buinsuiker en room. ens

  • De Villiers du Plessis

    Hallo julle almal,

    Ek wil baie graag vir my Ma die Roer resepteboek aanskaf, maar ons kry dit nerens nie. Ek en my vrou het nou al die vlaktes vol gesoek daarvoor. Is dit moontlik om dit te bekom deur by julle te bestel.

    Laat my asb. weet

    Kersgroete van die du Plessis’s af

    De Villiers du Plessis

  • irma

    ek is opsoek na ‘n sjokolade soufle waarvan die sjokolade loperig is as jy dit eet(in die middel)

  • angy

    Tammy-Anne jy’s n ster,ek hou baie van Roer,Sommige persoonlikhede en resepte. Dis jou manier van aanbieding wat ‘n wenner is. Beste wense.Angy

  • elona

    Resep Wilna Snyman – hoerder met broccoli 26 mei2010

  • Retha vd Merwe

    hallo Tammy, ek het so vinnig in die verby hardloop iets gesien van ‘n "Scone" , met Sprite en room en bruismeel. Ek dink dit was Amore van Tjailatyd ……Kan jy help asb? Dankie vir ‘n puik program. Al die Polenta resepte stuur ek aan my dogter in Amsterdam. Regte Mieliemeel bestaan nie daar nie..!

  • Tokkie Boshoff

    ‘n Hele ruk gelede het julle n resep gehad vir suurlemoen atjar. Ek het dt gemaak en dit is heerlik maar
    ongelukkig my resep verle. Kan iemand my dalk help

  • Esme

    Ek is opsoek na Melt Sieberhage se Sjokolade drankie se resep wat hy op Roer gemaak het. Baie dankie!