Kosstories

Roer! – Sean Else se koejaweltertjies

Sean Else

Bestanddele

  • 6 ferm koejawels, geskil
  • 2 lemoene se sap
  • koekmeel (vir wanneer jy uitrol)
  • 400 g gevriesde blaardeeg (puff pastry), ontvries
  • 30 ml suiker
  • 30 ml botter
  • heuning, vir bedruip

Sean Se Koejaweltertjies

Metode

1. Sny die koejawels in redelik dik skywe. Druk die lemoensap bo-oor uit en sit eenkant.
2. Sif ‘n bietjie van die meel op ‘n werkoppervlak. Vryf ‘n bietjie meel op ‘n koekroller. Rol die deeg effens dunner.
3. Sny die deeg in 6 driehoeke en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
4. Gebruik ‘n skerp mes en trek lyne so 5 mm van die rante van elke deegblok (moenie regdeur sny nie). Plaas die koejawels bo-op die deegblokke sodat hulle effens oorvleuel.
5. Besprinkel elke tertjie met 5 ml (1 teelepel) suiker en stip met ‘n klein bietjie botter.
6. Bak teen 200 ºC vir 20 tot 25 minute. Verwyder, bedruip met heuning en rooster vir 4 tot 5 minute. Sit voor met room of roomys.

Kyk die Roer!-episode hier.