Kosstories

Roer! – Sonja Heroldt se frommel-oondpoeding

Sonja Herold en Tammy

Bestanddele

  • 1 pak fillodeeg
  • 2 eiers
  • 2 koppies melk – 2 kondensmelkblik-hoeveelhede
  • 1 blik kondensmelk
  • kaneel
  • Opsioneel: vye, appelkose, karamel, neute ens.
  • ‘n Houertjie vla

Sonja se Frommel Oondpoeding

Metode

1. Smeer ‘n oondvaste bak met botter.
2. Frommel individuele fillo-velle soos weggooipapier op en plaas die frommels in die oondbak.
3. Bak tot goudbruin teen 180 ºC vir 20 minute of tot dit goed bruin is – dit lyk soos bruinpapier.
4. Meng eiers, melk en kondensmelk.
5. Wanneer die hoofgereg voorgesit word, gooi sous oor gebakte frommels – die punte sal uitsteek
6. Gooi opsionele keuses en kaneel oor en bak vir 25 minute teen 180 ºC.

Sit dadelik voor met vla wat elkeen vir homself oorgooi.